Die oorlog op terreur en die uiteinde van demokrasie in die VSA

28 Mei 2013

Die toespraak wat verlede week deur President Barack Obama gelewer is by die National Defence University in Washington, D.C., het nie net ‘n krisis in die Obama administrasie, asook toenemed bitter konflikte binne die hoogste vlakke van die staat, uitgewys nie. Dit is ook, en meer diepgaande, ‘n historiese krisis van klasse-beheer.

Obama se toespraak is van besondere politieke betekenis. Meer as ‘n halfeeu nadat Eisenhower gewaarsku het dat die Amerikaanse demokrasie bedreig word deur die opkoms, na afloop van die Tweede Wêreldoorlog, van ‘n “militêre industriële kompleks”, het Obama so te sê erken dat Amerikaanse demokrasie die afkeerpunt bereik.

‘n Dekade na die oorlog op terreur begin het, waarsku Obama dat “Amerika staan by ‘n kruispad.” Hy het aangehou: “Ons moet die aard en omvang van hierdie stryd bepaal, anders sal dit ons bepaal. Ons moet bewus wees van James Madison se waarskuwing dat geen nasie kan hul vryheid bewaar te midde van konstante oorlogvoering.”

Met ander woorde, die gevaar vir Amerikaanse demokrasie kom nie van “terroriste” nie – die “vang almal” voorwendsel vir elke aksie geneem deur die Amerikaanse heersersklas sedert 11 September, insluitend deur die huidge administrasie – maar van binne die staat self.

Obama se toespraak het duidelik voortgespruit uit bitter konflik binne die staatsbestel. Hy het gelyk of hy deelgeneem het aan die debat, sonder om die partye te noem met wie hy geargumenteer het. Met tye het hy gestop, asof hy gewag het vir ‘n reaksie. Hy het omtrent ‘n passiewe houding aangeneem teenoor die dade van sy eie administrasie, asof hulle om die een of ander rede ekstern was, en asof hulle deur magte buite sy beheer bestuur was.

Hierdie was nie die toespraak van ‘n selfversekerde hoof uitvoerende beampte nie, maar die verteenwoordiger van ‘n administrasie onder beleg, geskeur deur interne teenstrydighede, waar sy beheer oor die regering geheel en al bevraagteken word.

Die President het herhaaldelik na die onwettige aksies verwys. Die Amerikaanse regering het, het Obama erken, “ons basiese waardes gekompromiteer – deur marteling te gebruik om ons vyande te ondervra, en om individue aan te hou wat teen die oppergesag van die wet indruis.”

Deur hulle uit te wys as teen “teen die oppergesag van die wet”, het Obama effektief erken dat die aksies geneem deur die Amerikaanse regering wat onder sy administrasie voortgaan – was onwettig, krimineel en onkonstitusioneel.

Obama het gepoog om hierdie dade te verdedig, terwyl hy openlik sy senuagtigheid getoon het dat hy betrokke was by oortredings teen die Grondwet, waarvoor hy aanspreeklik gehou kan word.

Obama het herhaaldelik sy gehoor herinner dat daar andere was wat betrokke was by die neem van besluite. “Nie alleen het die Kongres die gebruik van mag goedgekeur nie, hulle word ingelig oor elke aanslag wat Amerika neem, elke aanslag,” het hy aangedring. “Dit sluit in die een voorval waar ons ‘n Amerikaanse burger geteiken het.”

Weggesteek van die Amerikaanse mense, word daar voorbereidings getref vir ‘n skoon breuk met vorms van demokratiese beheer in die Verenigde State. Onder die raamwerk van die “oorlog op terreur”, het die Amerikaanse heersersklas demokrasie tot die rand van uitsterwe gebring. Onder eers Bush en toe Obama, het die uitvoerende mag wye magte aangeneem om oorlog te voer, spioenier op Amerikaanse mense, martel en hou gevangenes aan sonder aanklagte, verhoor hulle in militêre verhore, en hulle het mense doodgemaak, enige plek, insluitend VSA burgers, sonder behoorlike wetlike prosesse.

Skaars minder as ‘n maand gelede, na afloop van die onverklaarbare bomaanval op Boston, is die stad onder krygswet geplaas. Soos die WSWS opgemerk het, “die gebeure rondom Boston het die modus operandi blootgelê dat diktatoriale vorms van heerskappy in die VSA gevestig word.” Weereens, soos met die aanvalle van September 11 wat die oorlog op terreur ontketen het, is die bommers dopgehou deur dele van die staats-apparaat, en die gebeure is gebruik om nuwe en ongeëwenaarde aanvalle op demokrasie te regverdig.

Die afbreek van demokrasie is verbind tot die groei in die sterkte van die militêre en intelligensie apparaat. Hierdie instellings funskioneer omtrent as ‘n wet vir hulself.

Deur te bevestig dat kwessies oor burgerlike en militêre verhoudinge intensief bespreek word binne die heersersklas, het ‘n artikel Maandag in die New York Times verskyn, geskryf deur die afgetreede weermag luitenant-generaal Karl Eikenberry, die voormalige hoof van die Gewapoende Magte in Afghanistan, en die geskiedkundige David Kennedy. Onder die opskrif, “Amerikaners en hul weermag, wat wegdryf van mekaar,” spreek die twee skrywers hul kommer uit dat die uitbreiding van die weermag plaasvind onder toestande van “die minium betrokkendheid en begrip van die burgers.”

Om die situasie aan te spreek, doen hulle ‘n beroep op oproepe in die een of ander vorm, voor hulle opsom, “terwyl die gewapende magte weer voorberei vir die toekoms, kan burgers nie net toeskouers wees nie. Soos Adams oor militêre mag gesê het, “’n wyse en voorbeeldige mens sal altyd ‘n wakened en jaloerse oog daaroor hou.’”

Die gevorderde toestand van die afbreek van bourgeois demokrasie, onder toestande van gedurige oorlogvoering, het intense konflik tussen verkillende faksies van die heersersklas geskep. In verskeie dele van die weermag, die CIA en FBI is daar gedurige faksie konflikte, waar die konflik in die heersersklas uitgewerk word agter die rug van die Amerikaanse mense.

Terwyl daar dele van die heersersklas is wat openlik ‘n militêre diktatorskap sal steun, is die breek met wetlikheid en bourgeois demokrasie vervat met baie gevare. Die legitimiteit van die Amerikaanse politieke sisteem word gedefinieer deur die Grondwet.

Die Amerikaanse heersersklas verwoes die politieke grondslag waarop hulle beheer gebaseer is.Hulle kan hulle nie op geregtelikheid beroep wanneer hulle uitdagings aan die staat van die werkersklas aanspreek nie, terwyl hulle die grootste wetbrekers is. Hoe meer hulle van Grondwetlike geregtelikheid ontslae raak, hoe meer onlegitiem kom die heersende elite voor voor die massa mens ein die bevolking, binne die VSA en internasionaal.

Maar ongeag hierdie kommer het nie Obama of enige afdeling van die heerserklas enige iets anders om aan te bied nie. Dit verduidelik die snaakse en teenstrydige aard van Obama se toespraak.

Terwyl hulle kommer oor die stand van die Amerikaanse demokrasie uitspreek, was een van die sentrale doele van Obama se opmerkings om oortredings teen demokratiese regte te verdedig – naamlik die sluipmoord op VSA burgers sonder prosudurele voorsorg. Hierdie aktiwiteite sal voortgaan, het hy gesê, met op die meeste ‘n pseudo-wetlike vyeblaar, wat die een of ander vorm van Star Chamber verrigtinge tot gevolg sal hê wat die besluit van die uitvoerende gesag sal goedkeur.

Obama het reeds gesê hy wil nie die eindelose oorlog op terreur vir ewig laat voortgaan nie, en Obama het ‘n reeks militêre operasies rondom die wêreld uitgewys. Hy het ‘n beroep gedoen om Siriese rebelle beter te bewapen, baie van wie bande met Al Qaeda het, as deel van die kampanje om President Bashar al Assad te ontsetel. Terselfdertyd probeer dele van die Amerikaanse heersersklas om troepe uit die Midde Ooste te onttrek om na Asië en ‘n meer direkte konfrontasie met Sjina te fokus.

Uiteindelik, hoe Obama se openbare uitdrukkings van twyfel ookal lyk, het hy nie die wil of vermoë om enige iets te verander nie. Pogings om apologete van die Demokratiese Party, insluitend die New York Times en die Nation tydskrif, om Obama se toespraak as ‘n transvormerende gebeurlikheid te berskryf, kombineer oorgerustheid, bedrog en naïwiteit. Asof hy die feit bevestig, het Obama op Gedenkdag gister beklemtoon dat die nasie steeds oorlog voer.

Origens, indien die mees magtige dele van die bourgeoisie en die militêre/intelligensie apparaat ooit vir ‘n oomblik oorweeg het dat Obama die program van globale hegemonies al laat vaar, sal sy administrasie tot ‘n brutale en vinnige einde kom.

‘n Krisis in bourgeois beheer is een van die belangrikste aanwysers van ‘n rewolusie wat aan die kom is. Die geskiedenis wys dat algemene politieke heerskappy bestaan waar rewolusies opkom nie slegs omdat onderdrukte klasse nie op ou maniere kan leef nie, maar ook dat die heersersklas nie op ou maniere kan heers nie.

Die krisis van klasse-beheer en die verval van die Amerikaanse demokrasie is gewortel aan die een kant in eindelose oorloë oorsee, en aan die ander kant die geskiedkundig ongeëwenaarde en onbeheerbare graad van sosiale ongelykheid.

Hierdie ontwikkelinge betekn gevaar vir die werkersklas. Dit is nie slegs moontlik vir ‘n diktatorskap om in die VSA na vore te tree, maar dit gebeur reeds.

Die beskerming van demokratiese regte is meer as ooit ‘n klasse kwessie. Demokrasie op die basis van kapitalisme ne imperialistiese militarisme is onmoontlik. Om hul belange te beskerm, kan die werkersklas nie staatmaak op enige afdeling van die bourgeois staatsapparaat nie of hul hulp organisasies nie.

Die onafhanklike politieke mobilisering van die werkersklas, gebasseer op ‘n sosialistiese program, is ‘n kwessie van die grooste dringendheid. Dit betekn bo alles die skepping van die Socialist Equality Party.

Joseph Kishore