Afrikaans

Globale kapitalistiese krisis dryfveer agter Sjina se pro-mark hervorminge

Die Sjinese Kommunistiese Party (CCP), wat gelei word deur President Xi Jinping and Premier Li Keqiang, het ‘n derde golf van pro-mark hervorminge aangekondig, met die doel om staatsbeheerde sektore van die ekonomie oop te stel vir globale kapitaal.

Li het die duidelikste boodskap uitgestuur voor sy besoek aan Europa verlede maand, met die belofte “om ‘n poging aan te wend om markverwante hervorminge te verbreed.” Die Nasionale Hervorming en Ontwikkelingskommissie het ook voorstelle uitgelê, insluitend vir vinniger goedkeuring van beleggingsprojekte, vrystelling van rente- en wisselkoerse, en, bo alles, privaat belegging in staatsbeheerde projekte soos finansies, energie en telekoms. Die beleid gaan hierdie Lente aan die CCP se Sentrale Komitee voorgelê word.

Die dryfveer agter die hervorimnge is die intense ekonomiese en geo-politiese spanninge wat deur die globale ekonomiese krisis aangevuur word. Sjina se uitvoermark het in duie gestort terwyl wrede soberheid, loon besoeiinge en massa werkloosheid die vermoë van werkers om geld uit te gee, in Europa en die VSA aangetas het, wat die aanvraag vir goedkoop verbruikersgoedere wat met goedkoop Sjinese arbeid geproduseer word, verminder het.

Sjina se uitvoer groei-strategie het misluk, en sy ekonomie word slegs aan die gang gehou deur die massiewe uitbreiding van skuld nadat Beijing ‘n $650 biljoen stimulus paket in 2008 saamgestel het.

Die gevolglike ontploffing van banklenings het totale uitgawes tot triljoene dollars opgestoot – wat plaaslike regerings in skuld van 42 triljoen geplaas het, wat winste besnoei het, en wat die behuising borrel geskep het wat Sjina se banksisteem kan skaad.

Ongeag ‘n stroom van goedkoop krediet, is groei stadig: dit sal na verwagting 7 persent bereik in 2013, ver onder die 8 persent wat die CCP glo is nodig om verdere werkloosheid te verhoed.

Die Xi-Li leierskap staar ook druk van Washington in die gesig, wat op aggressiewe wyse die militêre operasies verskerp om Sjina in te perk as deel van die Obama administrasie se sogenaamde “omwenteling na Asië”. Die doel is om Sjina te omsingel met vyandige alliansies en basisse, voor Sjina se ekonomiese en tegnologiese groei dit sal toelaat om Washington se invloed in die Westerse Stille Oseaan aan te vat.

Vrye-mark aanvalle op die werkersklas is egter een area waar VSA imperialisme en CCP burokrasie saamstem: CCP amptenare en trannsasionale korporasies wil produktiwiteit verhoog en winste bevorder. Daar is voorts toenemende ontevredenheid in heersende kringe met die loonverhogings wat die CCP moes toestaan na stakings wat deur Honda motorwerkers ingestel is in 2010, wat daartoe gelei het dat internasionale besighede hul produksie na Indië en Vietnam geskuif het.

‘n Reuse aandrang van die VSA is dat Sjina se 120 grootste “staats-monopolieë” ontbind word – ‘n doel wat in die verslag China 2030 uiteengesit word, wat Li mee saamgewerk het met die Wêreldbank verlede jaar. Met staatsfirmas in strategiese sektore soos energie, telekommunikasie en spoorweë wat triljoene dollars in bates het, sal hul privatisering ‘n reuse bonanza wees vir CCP burokrate – sowel as vir hul sake-vennote in Wall Street se banke.

Baie huidige en voormalige CCP leiers se kinders, wat aktief is as privaat geld beamptes of bank beamptes wat met staatsbeheerde bates spekuleer, kan reuse bates oorneem as daar privatisering is.

Xi en Li, wat die beleid instel, is gevatte verteenwoordigers van die parasitiese “rooi aristokrasie” wat binne die CCP na vore getree het sedert die herstel van kapitalisme onder Deng Xiaoping in die 1980s. Xi verteenwoordig een van die mees gehate sosiale tipes in Sjina: ‘n “prins”, ‘n kind van die vorige generasie van top burokrate wat mag en welvaart bekom het sdert kapitalisme se herstel.

‘n Leerling van die leidende vryemark ekonoom Li Yining, Li Keqiang, het gehelp om die amptelike doktrine van die 1990s wat die privatiserings regverdig het wat miljoene werksgeleenthede verwoes het.

Sjina se sake-elite, ten nouste verbind met die CCP amptenary, probeer loskom van die oorblywende staatstrukture waarbinne hulle hulle welvaart bekom het. Vryemark beleide sal nie net die verdere eksploitase van die werkers aanhelp nie, maar sal ook dit verder wetlik regverdig dat hulle so baie welvaart bekom het.

Deur so ‘n beleid aan te neem, is die CCP oppad om met die werkersklas te bots. Druk vir hoër uitsette, loon besnoeiinge en hoë werkloosheid het reeds tot gereelde botsings tussen stakers en die polisie gelei.. Sogenaamde “massa insidente” het van 90 000 in 2006 tot 180 000 in 2010 verdubbel, volgens die jongste syfers.

Die CCP maak die gevare van die toekoms duidelik in die Westerse pers. Deng Yuwen, ‘n voormalige adjunk hoof van die CCP Sentrale Party-skool, het in die Financial Times geskryf dat indien die regering ‘n reuse beleidsfout maak, “kan niemand waarborg dat ‘n rewolusie nie sal uitbreek nie. Bo en behalwe dit, selfs indien ‘n landwye omwenteling verhoed kan word, kan velle sosiale onstuimigheid steeds plaaslik uitbreek. Indien die heersende party daarin misluk om die uitbreke te hanteer, kan dit tot ‘n rewolusie lei.”

Afkondigings van komende rewolusionêre stryde van die werkersklas getuig van die historiese bankrotskap van die CCP se Stalinistiese perspektief van “die opbou van kapitalisme in ‘n enkele land” na afloop van die 1949 rewolusie. In die finale analise het die CCP burokrasie kapitalisme hervestig, te midde van die sosiale konflikte en werkerstryde van die 1970s, want – soos die groot Marxis Leon Tortsky uitegwys het – dit was onmoontlik om die bronne binne een land te kry waarmee ‘n sosiale land gebou kon word.

Drie dekades later, is die samelewing wat deur Sjina geskep is wat daarop gebasseer is om die wêreld se ekonomie deur Westerse bande tot toegang te verkry, is ook deur sy eie teenstrydighede ondermyn. Die CCP kyk na die buiteland and sien stygende risiko vir oorlog met die VSA en sy bondgenote, en tuis is daar stygende dreigings van die werkersklas se ongelukkigheid en die rewolusie.

Die kritieke taak is die ontwikkeling van ‘n verenigde, polities onafhanklike stryd deur die internasionale werkersklas teen die bankrotte kapitalistiese orde.

Sjinese werkers kan nie vertrou word met verskeie pseudo-linkse of “konserwatiewe” faksies van die CCP wie pro-mark hervorminge kritiseer of waarsku dat Sjina oorgeneem kan word deur ‘nieu-imperialisme”. Hulle basseer nie hul gesigspunte op die standpunt van sosialisme nie, maar op die reaksionêre ekonomiese nasionalsime. Hulle hoop om die grootste staatsondernemings te omskep in “nasionale kampioene” soos Samsung en Hyundai in Suid-Korea, waarin die CCP se families die hoof eienaars sal wees.

Sjinese werkers moet tussenbeide tree, en met hulle klasse broers in Amerika saamwerk, dwardeur die Asië-Stille Oseaan streek en die wêreld en om ‘n einde te maak aan die wortels van kinder swat soos slawe werk, en ook aan depressie en oorlog: d.w.s. kapitalisme en die nasie-staat sisteem. Dit beteken ook noodwendig ‘n rewolusionêre mobilisasie om die kapitalistiese CCP regime onver te werp en ‘n ware werkersbeweging te vestig, as deel van ‘n globale stryd vir sosialisme.

Om ‘n politieke leierskap te ontwikkel wat in staat is om so ‘n stryd te onderneem, is die belangrike stap om ‘n Sjinese afdeling van die Internasionale Komitee van die Vierde Internasionaal te vestig.

Loading