Afrikaans
Perspective

Turkye by ‘n kruispad

Op 4 Junie, na afloop van ‘n week van protes aksie waartydens honderd duisende mense na Turkye se Taksim Square gestroom het en na die strate van Ankara, Izmir en 65 ander stede regoor die land gegaan het, het die land se President, Abdullag Gül angstige sakemanne verseker dat die gebeure nie vergelykbaar is met die rewolusies wat in Tunisië en Egipte uitgebreek het nie.

Gül het ‘n vergadering van Turkye se Internasionale Beleggers Vereniging toegespreek slegs ‘n dag nadat die Istanboel aandelemark met 10.5 persent gedaal het na afloop van die populêre omwenteling.

“Twee jaar gelede in Londen is karre gebrand en winkels gestroop vanweë soortgelyke redes,” het Gül gesê. “Gedurende die opstande in Spanje vanweë die ekonomiese krisis, het mense die vierkante betree. Die Occupy Wall Street beweging het vir maande aangehou in die Verenigde State. Wat in Turkye gebeur is soortgelyk aan hierdie lande.”

Sulke versekeringe is waarskynlik van min gerusstelling vir die sakemanne wat vrees dat aanhoudende sosiale protes-aksies hul beleggings bedreig.

Op die kruispad tussen die Weste en die Ooste, het Turkye al die plofbare teenstrydighede van beide op homself geneem. Die land soek lidmaatskap van die Europese Unie wat massiewe soberheidsmaatreëls instel, terwyl dit ook ten diepste betrokke is by die sektariese oorlog in Sirië wat deur die VSA gesteun word.

As Washington se punt man, was dit Turkye se Eerste Minister Recep Tayip Erdogan wat aangedring het dat Assad bedank omdat hy gewapende opponente onderdruk het. “’n Leier wat sy eie mense doodmaak het legitimiteit verloor,” het hy verklaar. Sover het Erdogan se onderdrukkende magte drie vreedsame Turkse protesteerders vermoor, terwyl meer as 3 200 beseer is en nog 3 300 gearresteer is.

Soos beide rewolusies van 2011 en die gebeure in die Weste wat deur President Gül aangehaal is, is die Turkse opstand the diepste betrokke by die struktuur van ‘n kapitalistiese samelewing en sy globale krisis. Dit is uitgedruk bo alles in die ongeëwenaarde sosiale ongelykheid in Turkye gedurende meer as ‘n dekade se heerskappy deur Eerste Minister Erdogan en sy Islamitiese AKP (Geregtelike en Ontwikkelingsparty) regering.

Niks anders kan verduidelik hoe die onderdrukking van ‘n handjievol betogers wat gepoog het om die stootskraap van Istanboel se Gezi Park om plek te maak vir die ontwikkeling van ‘n winkel kompleks, te keer, so ‘n magtige, landwye protes-beweging kon ontlok nie, met honderde duisende bereid om die brutaliteit van Turkye se onluste polisie te konfronteer nie.

Die park projek was opsigself emblematies van die Erdogan regering se aggressiewe en reaksionêre mark-beleide: die privatisering van publieke spasie sodat ‘n handjievol boeties wat die AKP se kern politieke basis is, verryk kan word, terwyl die regering poog om Istanboel te omskep in ‘n hawe vir rykes en bevvooregtes deur die werkersklas uit te dryf. In die ooreenkoms het Erdogan ook Islamitiese reaksie voorgestaan, gedreig om ‘n Moskee op die toneel van Taksim Square te bou, wat die tradisionele saamtrekpunt van die Turkse werkersbeweging, en die benaming van ‘n brug na die 16de eeuse Ottomaanse sultan wat berrug was daarvoor dat hy Turkye se Alevi minderheid geslag het.

Die Turkse werkersklas dra die las van die AKP regering se aanvalle. Soos elders, het kapitaliste in Turkye die wêreld finansiële krisis van 2008 gebruik as ‘n geleentheid om lone te besnoei en om arbeidskostes te verlaag. Vroeg in 2009 was werkloosheid so hoog as 16 persent. Groei is sedertdien bereik grootliks omdat sonder om nuwe werksgeleenthede te skep. In stede daarvan is die dreigement van afdankings gebruik om die wat steeds werk het te kry om steeds harder te werk vir laer lone en, in baie gevalle, die aanvaarding van sub-kontrak werk en tydelike werk.

Volgens ‘n studie wat in 2011 vrygestel is, het Turkye die tweede hoogste vlak van inkomste ongelykheid van al die 34 lande wat aan die Organisasie vir Ekonomiese Ontwikkeling en Samewerking (OECD) behoort, met syfers slegs beter as Mexico, en effens minder as die Verenigde State, die derde mees ongelyke land.

Soos hul eweknieë in Griekeland en die res van Europa het Turkse werkers die brutale aanval van die internasionale banke en korporasies gekonfronteer, wat die land as ‘n goedkoop platvorm vir arbeid en bron van super winste sien.

Terwyl honderde duisende werkers op 5 Junie die stakings wat deur unies gelei is, by aangesluit het, het die werkersklas steeds nie op beduidende wyse by die stryd aangesluit nie. Die Turkse unies het dusver niks gedoen om die Erdogan regering aan te vat nie – instede daarvan het hulle pro-kapitalistiese maatreëls gesteun in reaksie teen die 2008 krisis en om daarby aan te sluit om die kampanje te borg wat op die slagspreuk gebasser is: “Gaan doen inkopies”.

Die unies wil nie ‘n besliste konfrontasie met hierdie regering ontketen nie. Hulle is reeds deeglik geïntegreer by die raadplegende liggame van die Europese Unie, wat hulle steun, en het saamgestem met die instelling van die EU se soberheidsmaatreëls in naburige Griekeland en elders.

‘n Rewolusionêre werkersklasbeweging om die Erdogan regering omver te werp kan slegs na vore kom onafhanklik van en in rebellie teen die unies.

Die Turkse gebeure verteenwoordig ‘n verdieping van die krisis van VSA imperialisme en sy militaristiese kampanje om die olie-ryk streke van die Persiese Golf en Sentraal Asië te domineer, waarin Turkye, ‘n NAVO lidland, gedien het as meesterstuk.

Skaars twee weke voor die uitbreek van die huidige beweging, was Erdogan in Washington en het langs Obama gestaan, wat hom geprys het as “’n sterk bondgenoot en vennoot in die streek en rondom die wêreld”. Washington het Erdogan se regering bevorder as ‘n model vir die Midde Ooste – sy polisie-staat onderdrukking van politieke opponente, joernaliste en etniese minderhede desnieteenstaande, in wat veronderstel is om ‘n “gematigde Islamitiese” regime is soortgelyk aan die een wat die VSA teen die rewolusionêre massas in Egipte en Tunisië gesteun het. Nou verwerp die mense in Turkye hierdie model.

Deur Turkye te gebruik as ‘n voorwaartse basis in sy kampanje om Sirië en Iran te destabiliseer, het Washington daarin geslaag om Turkye self te destabiliseer, waar die oorgrote meerderheid van die bevolking gekant is teen die gebruik van Islamitiese weermagte met bande aan Al Qaeda as plaasvervangers in die oorlog om President Bashar al-Assad omver te werp en die vrees dat soortgelyke magte ook in Turkye gebruik sal word.

Turkye is by ‘n kruispad. Turkse werkers wat die stryd betree word gekonfronteer met ‘n skrille keuse. Sal hul toenemed deel gemaak word van bloedige sektariese oorloë wat deur imperialisme voorgestaan word om strategiese en winsbejag na te streef, en van oorloë wat die potensiaal het om in globale skermutselings te ontaard en waarby Iran, die VSA, Rusland, Sjina en ander magte betrokke sal wees?

Of sal die werkersklas hul eie sosiale oplossing voorstaan deur middel van ‘n onafhanklike rewolusionêre stryd deur die massas van landelike armes en onderdruktes saam te voeg, teen imperialsime en alle dele van die Turkse bourgeoisie, beide Islamities en sekulêr?

Die onmiddellike lot van die protesbeweging wat na die strate van Istanboel en stede regoor Turkye gegaan het, is onseker. Maar die betreding van die stryd deur die Turkse werkersklas is ‘n vraag van wêreld geskiedkundige beduidendheid, met rewolusionêre implikasies vir die Midde Ooste, Europa en daarbuite.

Loading