Barack Obama se gesondheidsorg teen-rewolusie

7 Junie 2013

Met die sperdatum vir die volle inwerkstelling van die Patient Protection and Affordable Care Act (ACA) wat vir 1 Januarie 2014 vasgestel is, word dit toenemend duidelik dat wat as ‘n progessiewe hervorming voorgestel is, is om die waarheid te sê ‘n radikale aanval op gesondheidsorg vir die oorgrotte meerderheid Amerikaners.

Op 21 Maart 2010, twee dae voor hy die wet onderteken het, het Barack Obama verklaar dat dit “nog ‘n steen is wat neergelê is om die Amerikaanse droom te bewaarheid.” Meer as twee jaar later is hierdie stelling as ‘n siniese leuen ontbloot. Van die begin is wetgewing ontwerp om die belange van privaat versekeraars, apteke en reuse gesondheidswinkels, te dien, terwyl onkostes vir korporasies en die regering besnoei word, alles ten koste van werkende families en armes.

Soos state en die federale regering begin om die uitruil van versekering te vestig waar van individue en families sonder werkgewer of regerings versekering verwag sal word om dekking van private draers aan te koop, sê die Obama administrasie dat die Affordable Care Act toegang tot kwailiteit gesondheidsorg vir miljoene sal uitbrei word daagliks weerlê. (Sien “VSA gesondheids-hervorming sal sorg besnoei en miljoene onversekerd laat”).

‘n Wrede aanval op Medicare was altyd ‘n sentrale komponent van die ACA, wat terugbetalings aan die regering se program sal verminder deur meer as $700 biljoen oor tien jaar, wat toegang tot mediese dienste vir nagenoeg 50 miljoen seniors en ongekiktes sal toemaak.

‘n Hervorming wat deur Obama en die Demokrate voorgehou is as die verskaffing van “bykans universele gesondheidsdekking” sal beteken dat ‘n beraamde 30 miljoen mense onversekerd gelaat sal word in 2016, volgens ‘n studie wat Donderdag vrygestel sal word deur ‘n navorsingspan van Harvard Mediese Skool en die City University of New York School of Public Health.

Dit sal die geval wees vir sowat 5.7 miljoen mense in 26 VSA state wat weier om Medicaid dekking te vermeerder onder die ACA. Die meeste state verskaf nie Medicaid vir die hele bevolking nie, en dit sal die geval bly in daardie state waar die program nie uitgebrei word nie. In ‘n wrede ontwikkeling, vanweë die manier waarop die wet geskrywe is, sal sommige van die armste mense wat nie versekering het nie ook nie regeringsubsidies ontvang nie.

Vir die met werkgewer geborgde dekking of wat versekering of markte aankoop, wys ‘n aantal studies dat privaat versekeraars dit ten doel stel om premiums te verhoog om winste te verhoog. Die doel van maatskappye sal wees om kostes te delg vanweë ACA reels wat hulle verhoed om dekking te weier vanweë voorafgaande toestande of om meer te vra gebasser op ouderdom. Een kongressionele verslag beraam dat individue wat dekking op individuele markte aankoop kan gemiddelde premium toenames van 100 persent tot soveel as 400 persent in die gesig staar.

Obama se belofte dat “indien jy hou van jou gesondheidsorg plan, kan jy dit hou”, word nou ontluister op verskeie maniere. Sake-ondernemings probeer nou dink aan die beste maniere op binne die reeds pro-korporatiewe raamwerk van die wetgewing te bly, terwyl hulle seker maak die regulasies maak nie ‘n impak op die winste nie.

Die wet verwag dat maatskappye met 50 of meer werknemers “bekostigbare” versekering aan voltydse werknemers te gee wat 30 uur per week of meer werk, of om met ‘n aksynsbelasting gepenaliseer te word. Sommige werkgewers het reeds gereageer deur werkers se ure te verminder en om so die vereiste te omseil. Baie werkers in plaaslike regering, kleinhandel, gesondheidsorg en ander sektore kan verwag dat hulle ‘n dubbele aanval in die gesig staar om hul ure verminder te kry en om versekering ontneem te word deur hul werkgewers.

Sommige sake-ondernemings oorweeg om gladnie verskekering te verskaf nie en om die $2 000 per werknemers per jaar boete te betaal – baie minder as die koste om ordentlike dekking te verskaf. ‘n Toenemende aantal werkgewers sal planne aanbied wat die minimum dekking verskaf, wat kantoor besoeke en maatreëls ter voorsorg insluit, maar geen dekking vir hospitalisasie of operasies insluit. Withuis amptenare het erken dat sulke planne heeltemal aanvaarbaar is onder die wet.

Een van die mees aanvegbare bepalings van die wetgewing is een wat maatskappye straf wat duurder versekering verskaf wat as meer omvattend gesien kan word in die huidige mark. Sogenaamde “Cadillac planne”, is verskering wat in waarde meer as $10 200 per jaar is vir individuele dekking of $27 500 vir ‘n familie. Maatskappye of gesondheidsversekeraars wat aanhou om hierdie planne aan te bied staar 40 persent aksynsbelasting in die gesig op die bedrag wat die drumpel oorskry.

Die doel van die voorsiening is duidelik: om werkgewers aan te moedig om hierdie planne van die hand te wys en hulle met goedkoop versekering te vervang met hoer aftrekkings en bybetalings en drasties verminderende voordele. Om na sulke dekking te verwys as – wat tans deur ‘n beduidende deel van werkers wat aan unies behoort, professionele mense en andere – as weelderige “Cadillac planne” is obseen, want dit kom van die welgestelde politieke establishment en hul korporatiewe wat hul steun, wat die grootste ondersteuners van gesondheidsorg “hervorming” is.

Die aanval op hierdie planne – wat in baie gevalle in bitter kontrakstryde gewen is – is in lyn met die sentrale dryfveer agter die Obama administrasie se gesondheidsorg agenda. Mediese sorg vir die werkersklas gaan ontbind word sodat korporasies hul winste kan vermeerder deur uitgawes op gesondheidsorg te verminder. Die beoogde resultaat is ‘n sisteem wat klasloos is waar die oorgrote meerderheid werkers en hul families ondergeskikte dienste ontvang, terwyl rykes die beste sorg ontvang wat geld kan koop.

Die ontvouing van die gesondheidsorg debakel is die resultaat van die beleid van die VSA se heersende elite, veral na afloop van die 2008 finansiële krisis, wat gepoog he tom die volle las van die ekonomiese krisis op die werkersklas te blameer, terwyl hulle die finansiële elite help met triljoene dollars. Dit het gepaard gegaan met ‘n golf van werk besnoeiinge, loonverlagings en aanvalle op die basiese sosiale toestande van werkers en die jeug.

Die Obama administrasie dring daarop aan dat ‘n vermindering aan gesondheidsorg-besteding een van die sleutel element eis om die begrotingstekort aan te vul. Daar sal geen besnoeiing aan militêre besteding wees nie, rentebetalings aan banke op nasionale skuld, of enige maatreëls wat die welvaart van die heersende klas sal verminder. Soos die World Socialist Website gestel het na afloop van die gesondheidsorg wetgewing, “Al Obama se beleide is gerig daarop om sosiale ongelykheid te vermeerder … die aanname dat die hervorming aan gesondheidsorg ‘n oase van voortuitgang is in ‘n woestyn van van sosiale reaksie is eenvoudig nie waar nie.” Ondersteuners van gesondheidsorghervorming – in die unies, onder die Demokratiese Party en die pseudo-linkse front – het op desperate wyse daarna gepoog om die illusie te bevorder dat daar iets progressief in die wet is. Dit is om die waarheid te sê reaksionêr.

Twee jaar nadat die wet deurgevoer is, het een van die grootste voorstaanders van die wet, die oënskynlik liberale New York Times, hou aan om artikel na artikel te plaas waar daar ‘n beroep gedoen word om ‘n einde te maak aan “nodelose” procedures en om daarteen kapsie te maak dat mense “te veel getoets en behandel word” vir ‘n reeks mediese toestande. Die bedoeling by sulke argumente is duidelik: ongeag die vooruitgang in mediese tegnieke, kan die huidige winsbejagte gesondheidsorg bestel nie toelaat dat gewone werkers en hul families toegang kry tot ordentlike mediese sorg nie.

Deurvoering van die Affordable Care Act van 2010 het ‘n nuwe fase in die aanval op die werkersklas ingelui, en dit is die eerste sarsie in ‘n aanval op die groot sosiale programme wat van die werkersklas afgeneem is na afloop van die Groot Depressie – Sosiale Sekuriteit en Medeicare, met dieslefde heersende elite mik daarop om uiteindelik te privatiseer.

Die details van die inwerkingstelling van die ACA demonstreer dat privaatbesit van die meganismes vir produksie nie versoenbaar is met die basiese sosiale regte van die werkersklas nie. Universele, kwaliteit gesondheidsorg verg dat winsbejag verwyder word van mediese sorg en om die gesondheidsorg sisteem op sosialistiese basisse te plaas. Die hele gesondheidsorgbedyrf – verskeringsmaatskappye, apteke en gesondheidsorg kettingwinkels – moet genasionaliseer word en openbare fasiliteite word onder die demokratiese beheer van werkende mense.

‘n Nuwe NBC/Wall Street Journal meningsopname toon dat 49 persent van alle Amerikaners glo die Affordable Care Act is ‘n slegte idee, die hoogste syfer in hierdie meningsopname sedert dit in 2009 begin het. Wanneer die ACA ten volle operasioneel is, sal miljoene mense besef dat die aanslag op gesondheidsorg is dele van ‘n massiewe oordrag van welvaart van die werkersklas na die rykes, wat die toestande skep vir reuse sosiale woelinge deur die land. Die enigste alternatief vir ‘n korporatief beheerde gesondheidsorg sisteem is gesosialiseerde medisyne, ‘n sisteem gebaseer op menslike nood en nie winsbejag nie.

Kate Randall