Libya gedestabiliseer deur faksie en militêre binne-gevegte

Deur Jean Shaoul
14 Junie 2013

Libya Shield Force, een van die baie Islamitiese militias wat deur die Libiese regering gekoöpteer is om wet en orde te handhaaf, het op demonstreerders gevuur deur lugafweer gewere, vuurpyl aangedrewe granate en mortier-vuur te gebruik, en in die proses is 31 mense gedood en 127 andere beseer in die oostelike stad van Benghazi.

Die slagting, wat Saterdag plaasgevind het, het die ergste enkele dodetal gehad sedert die formele einde aan die NAVO-gedrewe burgeroorlog wat Kolonel Muammar Gaddafi se regime in September 2011 omver gewerp het. Dit getuig van die toenemende politieke onrus in Libië, waar die Westers gesteunde regering van Eerste Minister Ali Zeidan sukkel om enige vorm van politieke gesag te handhaaf of onafhanklikheid van imperialsitiese borge.

Dit voorspel dalk hernieude intervensie deur NAVO magte ter verdediging van hul geo-strategiese en ekonomiese belange in die energie-ryke lande.

Benghazi is deurspek van geweld en wetteloosheid, met weke van bombardering en sluipmoordaanvalle wat die regeirng se nuwe veiligheidsmagte teiken, ten dele ten minste in reaksie teen die regering se pogings om die militias te beprek.

Die aanklaers het buite die tuiste van Libya Shield byeengekom om aan te dring daarop dat hulle ontbind en oorgee aan regeringsmagte. Hulle het gekla dat die regering toegee aan die militias, en om aan hulle amptelike status te gee onder die binnelandse ministerie se Opper Veiligheidsraad (SSC), eerder as om daarop aan te dring dat hulle ontbind. Protesteerders het Wissam ben Hamid, die leier van Libya Shield en sy voorganger die Free Libya Marters, geterg. NAVO het hulle gesteun as “rewolusionêre elemente” teen Gaddafi.

Die regering het hul eie magte ingeroep, maar hulle was te swak om die botsings of die slagting te stop. Libya Shield het hul magte onttrek van die area. Zeidan het drie dae van rou verklaar en het ‘n regter aangestel om die slagting te ondersoek en die opbreek van die militias beveel. Die weermag se Hoof van Staf Youssef al-Mangoush, wat die hoof advokaat van die militias is en Libya Shield befonds het, het bedank. Hy was opgevolg deur sy adjunk, Salem al-Gnaidy, tot ‘n nuwe weermagshoof verkies word.

Salem al-Gnaidy het nog ‘n impotente versoek gerig om die militias onder die beheer van die Libiese weermag te plaas en het gesê hy verwelkom “enige mag” wat by die weermag wil aansluit, en het gesê: “Ons is reg om bonuses te betaal aan diegene wat hul wapens wil neerlê.”

Die General National Congress (GNC), Libya se parlement, het op opmerklike wyse geen kritiek uitgespreek teen die Libya Shield Brigade uitgespreek nie. Hulle kan nie, want hulle is aangewese op Libya Shield en honderde ander brigades en militias, deur te betaal vir hul steun, want hulle kon nie dit op militêre wyse bekom nie.

Libya Shield het onlangs sy monopolie van wapens gebruik om die Political Isolation Law deur te voer, wat enige iemand wat mag onder Gaddafi beklee het verban om enige mag te hê. Ondersteuners van die groep het die Minsterie van Justisie en Buitelandse Sake omring, sowel as die Kongres gebou totdat die Kongres hulle onderwerp. Die Wet is so verreikend dat dit verskeie lede van Zeidan se regering verhoed om ampte te beklee. Dit strek tot die voordeel van die Muslim Brotherhood en ander Islamitiese Partye wat onwettig verklaar is onder Gaddafi.

Zeidan het die Isolasie Wet se “guillotine” ontsnap nadat hy ‘n ooreenkoms met die militias aangegaan het, waarvolgens die diplomatieke pos wat hy in die 1980s onder Gaddafi gehad het, nie deur die wet aangeraak word nie. Maar die hoogs onpopulêre binnelandse minister Ashour Showail, hoof van die Benghazi polisie-mag toe die NAVO-gesteunde opstand begin, is gedwing om te bedank. Hy is opgevolg deur Kolonel Mohammed Khalifa al-Sheikh, wie gesê het hy sal die meeste van die bestaande bestel handhaaf “om seker te maak dat daar nie ‘n veiligheidsvakuum ontstaan nie.”

Mohamed al-Magarief, verkies as hoof van die Libiese parlement, is gedwing om verlede week te bedank, dae voordat die wet in werking getree het. Hy het gedien as ambassadeur na Indië in voordat hy by die opposisie aangesluit het en in ballingskap geleef het tot 2011. Hy het ‘n sluipmoordaanval oorleef verlede Maart deur een van die militias wat aangerding het dat Gaddafi-era figure ontamn moet word.

In sy bedankings-toespraak het Magarief hom ten sterkste uitgespreek teen die steun wat sommige wetgewers geniet het van die militias, en het “die gebruik van wapens of die dreigement om dit te gebruik sonder wetlike gesag” gekritiseer. Sy bedanking het die reeds brose Kongres verder belemmer, en het die regering se politieke krisis vererger.

Die GNC sê hulle gaan formeel nominasies aanvaar vir ‘n opvolger vir Magarief, sowel as vir die poste van eerste of tweede voorsitter. Al-Ahram het een moontlike kandidaat om Magarief op te volg genoem as Abdel-Wahab al-Qaid, ‘n lid van Allegiance to the Martyrs bloc en hoof van die Nasionale Grenswag vir suidelike Libië.

Al-Qaid se loopbaan dui op die karakter van politieke magte wat na vore gebring is deur NAVO. ‘n Voormalige jihadis wat met Al Qaeda geveg het in Afghanistan, hy is ‘n senior lid van die Libyan Islamic Fighters Group. Hy was gearresteer en in die berugte Abu Salim tronk gegooi en slegs in 2011 vrygelaat.

Die onstabiele politieke en veiligheidsituasie in Libië veroorsaak chaos met die ekonomie, wat nog nie van die verowestende oorlog herstel het nie.

Olie en gas beloop 70% van die land se BNP en 95% van die land se uitvoere. NAVO magte was versigtig om die energie infrastruktuur van sy kragtige vuurkrag te beskerm., en dit het olie produksie laat styg tot die vlakke wat dit voor die oorlog gehad het van omtrent 1.4 miljoen vate per dag teen Maart verlede jaar, met Libië se nuwe leiers wat ‘n toename van tot 2 miljoen vate of meer voorgestel het. Hierdie rooskleurige scenario het nou ineengestort.

Produksie is verlaag soos werkers vir meer geld gevra het, en die militias het die energie installasies toegemaak om geld van die regering te kry. Verlede maand het protesteerders die Feel olie-veld in die suidweste toegemaak, terwyl Tobruk, Ras Lanuf, Zueitina en ander hawens in die ooste van waar die olie uitgevoer word, ook geaffekteer is. Energie minister Abdelbari Arusi het gesê dit het dusver die land $1 biljoen gekos aan verlore inkomste.

Die Arabian Gulf Oil Company, part of Libya’s National Oil Company wat in die ooste opereer, is dusver nie in staat om hulle belangrike krag-verwekkende toerusting by die Sarir en Misla olie-velde te vervang nie. Produksie sal binnekort val van 380 000 b/d tot 00 000 b/d, ‘n verlies van $8 miljoen per dag teen huidige pryse.

Die VSA, Britse en Franse korporasies het van hulle personeel onttrek na afloop van die aanval by ‘n gas-aanleg in die naburige Algerië, naby aan die grens met Libië. Die olie maatskappy BP, wat beplan het om in 2011 te begin boor, het meer van hulle personeel onttrek nadat militias beheer oorgeneem het van die hooftad Tripoli en die Franse ambassade aangeval het.

Zeiden staar ‘n desperate politieke situasie in die gesig en het hy hulp van Amerika gevra om ‘n nuwe militêre mag te stig, wat sal bestaan uit vars “nie militia” troepe. Hy het ‘n twee dae lange vergadering van NAVO in die hoofkwartier in Brussels bygewoon aan die einde van verlede maand en het ‘n ooreenkoms bereik om “tegniese hulp in terme van opleiding” te verskaf en “’n feite-sending” na Libië te stuur.

NAVO hoof Anders Fogh Rasmussen het gesê: “Ek glo dat dit ‘n gepaste manier sal wees om voort te gaan met samewerking met Libië nadat ons suksesvol was om aksie te neem om die Libiese mense twee jaar gelede te beskerm.” By verlede jaar se Chicago spitsberaad, het NAVO Libië uitgenooi om ‘n Meditireense Dialoog vennoot te word.

Die VSA het addisionele vinnige reaksie magte gestuur om ‘n onafhanklike Mariene Grond Taakmag, met ‘n basis in Signonella, Italië, wat opleidings missies in Afrika uitvoer. Eileen Lainez, vir die Pentagon, het oor Libië gesê, “die eenheid, wat tydelik in Signonella ontplooi is, het ten doel om ‘n vinnige reaksie in die streek te verskaf indien noodsaaklik.”