Sosiale teenrewolusie in Detroit

17 Junie 2013

Detroit se noodbestuurder Kevyn Orr het Vrydag planne aangekondig om die pensioene en gesondheidsvoordele van alle huidge en afgetredee stadswerkers uit te wis, en het derhalwe nagenoeg 20 000 afgetredes en hul families tot armoed en swak gesondheid verdoem. Die de facto diktator van Detroit vra vir die uitskakeling van $9 biljoen in werkers se voordele in een beweging.

Orr het die buitelyne verskaf van ongeëwenaarde aanvalle op die werkersklas in die moderne geskiedenis. Nie eens die Griekse regering as instrument van die Europese Unie en die banke om brutale soberheidsmaatreëls in te stel, het so ‘n omvattende aanval op basiese gesondheids- en aftreevoordele voorgestel nie.

Die stap is ‘n nuwe stadium in die pogings deur die Amerikaanse heersersklas om die ekonomiese krisis wat in 2008 uitgebreek het en die massa werkloodheid wat gevolg het, te gebruik om al die voortuitang wat werkers oor ‘n eeu van stryd gewen het. Dit, soos die World Socialist Website uitgewys het, is ‘n sosiale teen-rewolusie. Detroit gaan ‘n presedent word vir soortgelyke aanvalle in stede regoor die VSA en internasionaal.

Orr, ‘n bankrotskap prokureur, is aangestel en nie verkies tot sy pos nie, het die voorstel gemaak om minder as 10 sent per dollar vir aftree voordele te betaal in ‘n plan wat Vrydag aan die stad se krediteure voorgelê is. Onder sy skema sal die stad gesondheidsdekking vir huidige en afgetrede werknemers aflos, wat hulle sal dwing om lede te word van die federale Medicare program of om dekking aan te skaf van private maatskappye wat geskep sal word as deel van President Obama se gesondheidsorg “hervormings”.

Dit sal ‘n drastiese besnoeiing in gesondheidsorg vir werkers, afgetredes en hul families en resue toename in kostes tot gevolg hê. Pensioene sal ontmantel word.

Benewens die besnoeiinge aan werkers se voordele, sal die stad se rommel verwydering geprivatiseer word en die openbare beligtingsdepartement sal aan die maatskappy DTE oorhandig word, wat reeds verantwoordelik was vir die afskakeling van voordele van duisende Detroit inwoners, wat in dosyne sterftes weens huisbrande en ander rampe tot gevolg gehad het. Bykans die helfte van die stad se straatlampe gaan verwyder word.

Die water en sanitasie department, wat beduidende inkomste vir die stad skep, gaan deur ‘n streeksowerheid beheer word en die hele werksmag gaan afgedank word en deur lae besoldigde werkers vervang word.

Selfs met hierdie drakoniese besnoeiinge, sê Orr hy oorweeg dit steeds om die kunswerk by die Detroit Instituut vir Kuns, sowel as diere by die Detroit Dieretuin, te verkoop. As die stad se krediteure nie saamstem met die voorstel nie, dreig Orr om die stad in bankrotskap te dompel, met homself as die enigste verteenwoordiger van die stad voor die bankrotskap regter.

Die Grondwet van die staat van Michigan beskerm die pensioene van regerinsgwerkers, maar Orr dring daarop aan dat dit irrelevant is. Geen grondwet of kontraktuele regte van werknemers sal toegelaat word om in die pad van die banke en verskansingsfondse se krediteure se pogings om die stad se tesourie te plunder en om die werkersklas die prys te laat betaal.

Orr het gepoog om sy voorstel voor te leê as ‘n beroep op “gesamentlike opofferinge” van die stad se krediteure en werkers. Dit is ‘n leuen. Die grootste krediteure is verseker en sal slegs minimale verliese lei, terwyl teinduisende werkers en hul families in armoede gedompel sal word en beroof word van hul voordele waarvoor hulle hull ewe lank werk.

Die totale politieke establishment van Detroit – die Demokratiese Party, die media, die unies, die “burgerregte” leiers – is in lyn met Orr se voorstelle.

Die plaaslike media prys sy “geharde” aanslag om die stad “om te draai”. Die onbetwiste uitgangspunt is dat die werkersklas moet betaal sodat die finansiële kriminele wat die ekonomiese krisis geskep het hulself verder kan verryk.

Orr voel dat hy sulke wrede aanvalle kan loods want hy weet die unies sal niks doe nom hom teen te staan nie. Hierdie unies sal enige iets doen wat Orr voorstel, solank hul insitusionele belange en vermoë om inkomstes in te vorder beskerm word.

“Hy vra almal om te help, nie net die unies wat niks meer he tom te gee nie,” het Carl Anderson, die president van die Utility Workers Union of America Local 488, wat werkers in die Water Departement verteenwoordig, aan die Detroit Free Press gesê. Die koerant het hom aangehaal: “Orr speel reguit, en die besnoeiinge sal eenmalig en finaal wees.”

Wie is die mense wat daarop aandring dat Detroit se werkers terugkeer na toestande wat laas in die 1930s gesien is?

Orr is ‘n welgestelde Wall Street prokureur, het baie konneksies binne die Demokratiese Party en die Obama administrasie. Gedurende die 2009 herstrukturering van die motorbedryf deur Obama, het hy ‘n sleutelrol gespeel by die slagting van lone en voordele van motorwerkers, en hy het Chrysler in die bankortskaphof verteenwoordig. Orr praat vir die hyenas van Wall Street wat elke dollar wat op werkers se gesodnheids gespandeer word sien as ‘n dollar wat van hulle gesteel is.

Die verkragting van Detroit is ‘n deel van die Obama adminstrasie se landwye aanval op die werkersklas. Orr se pogings om die stad se werkers oor te laat aan die Obama administrasie se goedkoop mediese fondse toon die reaksionêre en anti-werkersklas karakter van sy gesondheidsorg opknapping, wat aansporings vir werknemers om hul gesopdnheidsverskeringsprogramme op te skort, insluit.

Orr se aanval op werkers se voordele is ‘n uitdrukking van die diktatorskap wat deur die finansiële oligargie in die VSA oor alle aspekte van die lewe uitgeoefen word. Die behoeftes van die samelewing, openbare mening, of die wet het geen invloed op die pogings om hulself te verryk nie.

Werkers kan nie toekyk terwyl hulle van alles wat hulle het beroof word nie! Die Socialist Equality Party en sy kandidaat vir burgemeester, D’Artagnan Collier, veg om ‘n massa beweging van die werkersklas saam te stel in teenstand teen die aanval op werksgeleenthede en lewensstandaarde.

Collier doen ‘n beroep vir werkers om te mobiliseer om Orr uit te dryf en ‘n einde te maak aan die bankiere se diktatorskap. Hy wil ook die korrupte, korporatief-beheerde Stadsraad met ‘n Raad van Werkers te vervang.

Die aanname dat daar geen geld is vir gesondheidsorg, aftree voordele of behoorlike lone nie, is ‘n leuen. Die SEP vra dat al die onregmatig bekomde geld van die Wall Street swendelaars en die toekenning van triljoene dollars om Detroit en ander stede deur die land te herbou.

Collier se sosialistiese program sluit in die nasionalisering van banke en korporasies en hul omskepping in instellings wat deur die publiek besit word en demokraties beheer word. Slegs so kan ‘n ordentlike lewe – insluitend die reg tot behuising, gesondheidsorg, opvoeding, ‘n versekerde aftrede en kultuur – vir almal gewaarborg kan word.

Ons spoor almal aan wat hierdie geveg steun om die Socialist Equality Party te kontak en aktief te word in die poging van D’Artagnan Collier om burgemeester te word.

Andre Damon