Afrikaans

Suid-Afrikaanse mynwerkers veg met polisie terwyl unies met mynbase onderhandel

Die Suid-Afrikaanse polisie het Maandag op stakende mynwerkers van Anglo American Platinum (Amplats) gevuur met rubber koeëls, skokgranate, traangas, en water kanonne nadat die werkers ‘n ultimatum verontaagsaam het om terug te keer werk toe.

Amplats het daarop aangedring dat 12 000 mynwerkers by Rustenberg, wat vroeër in die maand opgeskort is omdat hulle aan ‘n wildcat staking deelgeneem het, terugkeer werk toe of afgedank word, as deel van ‘n onderhandeling deur die National Union of Mineworkers (NUM) en twee ander unies.

In stede daarvan het die mynwerkers ‘n wildcat staking geloods, wat vinning ‘n oproerige karakter aangeneem het, volgens ‘n AFP verslag. “Ons is vir ses weke aan die staak, ons kan nie met leë hande terugkeer werk toe nie,” het die werkers se verteenwoordiger, Siphamandla Makhanya aan AFP gesê.

Die stakende werkers was in lopende gevegte met die polisie betrokke en het ‘n kragstasie naby die Amplats myn in Rustenburg aan die brand gesteek. Honderde werkers het versperrings opgerig om die regering te verhoed om weer beheer van die myn oor te neem.

“Dit lyk asof dit ‘n oorlog tussen die werknemers en die polisie is,” het Lazarus Khosa, ‘n stakende werker, gesê.

Suid-Afrika se mynsektor is deur ‘n reeks wildcat stakings versteur oor die laaste maande. Die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) en NUM het ‘n belangrike rol daarin gespeel om die stakings te eindig en werkers te demobiliseer.

In Mei het veiligheidsmagte rubber-koeëls op stakende chroom mynwerkers by Lanxess Mining Ltd., ook in Rustenburg, gevuur, en ten minste 10 moes gehospitaliseer word. Die NUM het spoedig ‘n verklaring uitgereik waarin die dade van die polisie verdedig word, met NUM koordineerder Mxhasi Sithethi wat sê: “Daar is ‘n hofbevel waarvolgens die stakings moet stop …. Hulle het die lyn orrsteek, en het nader aan die ingang van die myn beweeg … voordat hulle teruggekeer het werk toe,” het Mathunjwa aan werkers gesê, en het bygevoeg dat sy “reis deur Jesus Christus bepaal sal word.”

Verlede week het Zuma agressiewe maatreëls belowe om militante optrede in die mynsektor te beperk. President Jacob Zuma en die African National Congress (ANC) het aanhoudend met die mynmaatskappye en die unies se burokrasië gewerk om die lae lone van die mynwerkers te handhaaf.

“Ons wetstoepassings-agentskappe is aangesê om dit nie te duld as misdaad in die naam van arbeidsverhoudinge gepleeg word nie,” het Zuma in Kaapstad gesê. “Hulle sal die volle mag van die gereg in die gesig staar.”

Dit is nie in belang van die land om spanningsvolle arbeidsverhoudinge te hê nie wat gekarakteriseer word deur ‘n verswakkende kollektiewe onderhandelingsmeganismes, onwettige wildcat stakings, geweldadige protes-aksies en lewensverlies,” het Zuma bygevoeg.

Soos die klasse-stryd erger raak in Suid-Afrika, soek die heersende klas na maniere om te keer dat ‘n onafhanklike beweging van die werkersklas ontstaan.

Vrydag het sake-leiers, die regering, en unie-leiers, insluitend die HUB van Anglo American Platinum en verteenwoordigers van NUM en AMCU, ontmoet om ‘n “onderhoudbare mynraamwerk daar te stel,” wat hulle gaan poog om teen 26 Junie te ratifiseer onder die toesig van Zuma se dadjunk president, Kgalema Mothlanthe.

Die mynraamwerk bevat ‘n strategiese plan om enige teenstand in die werkersklas teen die dominasie van groot sakelui en die unies te neutraliseer. “Ons as regering, arbeid en besigheid sal saamwerk om te verseker dat die mynsektor onderhoudbaar is vir die toekoms van ons land en sy mense,” staan in die document.

Die dokument beklemtoon dat daar noodsaak is vir gereelde vergaderings tussen die regering, arbeid, en sakelui om hul strategie te koördineer en om “blokkasies en nuwe sake aan te spreek soos hulle na vore kom.”

Die raamwerk bepaal verder dat die samewerking van die unies met die regering se onderdrukking noodsaaklik is teen die wildcat stakings, en dit stel dat die unies die “regte van werkgewers om nodige stappe te doen moet respekteer, binne die reg, teen werkers wat aan onbeskermde stakings, geweld en intimidasie deelneem.”

Met ander woorde, die unies sal weereens saamstaan met die staat wanneer dit daarby kom om “onwettige” wildcat stakings te onderdruk met geweldadige onderdrukking. Dit is die ware inhoud van die raamwerk se plan om “interne sekuriteit maatreëls en hulle op konsistente wyse in die werkplek te implimenteer.”

Soos duidelik by Marikana in Augustus 2012 gedemonstreer is, toe Zuma se regering 34 arm werkers geslag het vir hul waagmoed om op ‘n beskeie loonverhoging aan te dring. Die Suid-Afrikaanse staat en die unies sorg vir geweld en intimidasie in die land.

Die verodnerstelde “militante” AMCU het die samesprekinge oor die onderhoudbaarheid raamwerk bygewoon, ne berie voor vir hul eie bydraes tot die raamwerk op 26 Junie, wanneer ratifikasie waarskynlik sal plaasvind. Die wegbreek unie, wat volgelinge bygekry het vanweë opposisie tot die NUM, het hulself as lojale verdediger van die bloedbesoke Zuma regering en die winsmotiewe van mynkorporasies, bewys.

Volgens ‘n Reuters verslag van 10 Junie, het AMCU leier Joseph Mathunjwa onlangs gesê na afloop van ‘n vergadering met staasfinansiers dat “beleggers hom nie moet vrees nie.”

“Wat hulle [die beleggers] in die koerante gelees het beeld AMCU as monster uit. Na daardie vergadering het hulle ander geadgtes uitegkom,” volgens Mathunjwa.

Loading