Afrikaans
Perspective

Obama, Cheney en Snowden se openbaringe

Dit was in November 1973 dat President Richard M. Nixon, alreeds vasgevang in die verdiepende Watergate skandaal, die frase ge-uiter het waarvoor hy altyd onthou sal word: “Ek is nie ‘n skelm nie.”

Nagenoeg 40 jaar later het President Barack Obama Maandag se televisie-onderhoud gebruik om sy eie variasie op die tema uit te druk, en daarop aan te dring by die Amerikaanse publiek dat hy nie Dick Cheney is nie.

Obama het die onderhoud toegestaan om openbaringe teen te werk oor misdade wat baie erger is as die wat deur Nixon en sy mede samesweerders gepleeg is. Oor die laaste twee weke het dokumente wat deur die voormalige National Security Agency (NSA) kontrakteur Edward Snowden uitgelek is, aan die lig gebring dat toesig-programme wat agter die rug van Amerikaanse mense uitgevoer is en wat basiese konstitusionele regte verontagsaam, miljoene mense in die VSA en rondom die wêreld geteiken het.

“Sommige mense sê, ‘Wel, u weet, Obama was hierdie geswore liberale mens in die verlede. Nou is hy, jy weet, Dick Cheney,’” het Obama in ‘n PBS onderhoud gesê. “Dick Cheney sê soms, “Ja, jy weet? Hy het dit geheel en al aanvaar.’

My kommer was altyd nie dat ons nie intelligensie moet invorder nie om terrorisme te verhoed, maar eerder of ons ‘n sisteem van wigte en teenwigte moet instel?”

Hierdie “wigte en teenwigte” – ‘n geheime FISA (Foreign Intelligence Surveillance Act) hof wat elke versoek van die intelligensie agentskappe goedkeur – het spioenasie programme “deursigtig” gemaak, het Obama op aangedring. Die enigste mense wat nie weet wat aangaan nie is die miljoene Amerikaners waarop gespioeneer word en waardeur hulle regte tot privaatheid en vrye spraak ontken word deur maatreëls wat tradisioneel met ‘n polisie-staat geassosieer word.

Indien die voormalige kandidaat vir “hoop” en “verandering” vrees dat hy toenemend gesien word deur die wat vir hom gestem het as die reinkarnasie van Dick Cheney, is dit om goeie rede. Die PRISM program wat deur Snowden ontbloot is, waarin Yahoo, Google, Microsoft en ander private inligting tegnologie maatskappye met die NSA saamgewerk het om op miljoene te spioeneer, in die VSA en internasionaal, is die opvolger van die Terrorist Surveillance Program (TSP), die nodelose spioenasie program waarmee Cheney geassosieer is voordat ‘n federale hof dit onkonsitusioneel en onwettig bevind het.

Die TSP, tesame met ander spioenasie programme, is voortgesit onder ‘n ander naam en met die FISA hof se goedkeuring. Dit is van die Bush administrasie aan Obama oorhandig.

Snowden het ook die NSA program wat die telefoon rekords van elke Amerikaanse burger elke dag van die jaar opneem, ontbloot.

Slegs ‘n dag voor die Obama onderhoud, het Cheney self op nasionale televisie verskyn om sy breinkind te verdedig en om Snowden sleg te praat omdat hy gedurf het om dit aan die mense van Amerika en die wêreld te ontbloot.

Gervra wat hy dink van die 29-jarige voormalige NSA kontrakteur, het Cheney gereageer: “Ek dink hy is ‘n verraaier. Ek dink hy het misdade gepleeg deurdat hy ooreenkomste wat hy bereik het oortree het volgens die posisie wat hy beklee het.” Hy het bygevoeg: “En ek dink dit is een van die slegste gevalle in my geheue van iemand met toegang tot geklassifiseerde inligting wat reuse skade aan die nasionale veligheidsbelange van die Verenigde State aangerig het.”

In ‘n vraag-en-antwoord sessie wat deur die Britse dagkoerant die Guardian uitgevoer is, het Snowden die toepaslike reaksie gewys, deur op Cheney se rol in die instelling van onwettige spioenasie operasies en die loods van die oorlog in Irak te wys. “Om ‘n verraaier deur Dick Cheney genoem te word,” het hy gesê, “is die hoogste eer wat jy aan ‘n Amerikaner kan gee, en hoe meer paniekerig hy, [Demokratiese Pary Senator Dianne] Feinstein, en [Republikeinse Verteenwoordiger Peter] King raak, hoe beter vir ons almal. Indien hulle ‘n klas aangebied het oor hoe om die tipe burger te wees waaroor Cheney hom kommer, dan sou ek hoërskool klaargemaak het.”

Om deur Cheney aangekla te word – en deur die regse Demokrate soos Feinstein of Republikeine soos King – as ‘n verraaier en krimineel behoort as ‘n eer beskou te word.

Cheney behoort volgens alle regte in die tronk te sit. Hy kan sy gesig in die openbaar wys slegs omdat die Obama administrasie die misdade bedek het waarvoor Cheney en die Bush administrasie verantwoordelik was wat verseker het dat hy ongestoorde immuniteit kan ervaar.

Onder die mees gehate figure in Amerikaanse politieke lewe – sy populariteit was so laag as 13 persent toe hy sy kantoor verlaat het – kom Cheney se invloed van sy noue bande met die weermag en intelligensie apparaat, die finansiële en korporatiewe aristokrasie, en die mees regse elemente van die Republikeinse Party.

Cheney was onder die wat die mees verantwoordelik was om die Amerikaanse mense in ‘n kriminele aggressie-oorlog in Irak te betrek, wat op leuens en gefabriseerde intelligensie inligting oor wapens van massa verwoesting wat nie bestaan het nie en bande tussen Bagdad en Al Qaeda, gebasseer was. Hy het sy eie intelligensie program vervaardig om valse “bewyse” te vervaardig wat hy gebruik het om die Amerikaanse mense te oortuig dat Irak ‘n kern-, biologiese of chemiese dreigement inhou. Die resultaat van sy misdaad was die verlies van tot ‘n miljoen Irakse lewens en die moord en verminking van duisende Amerikaanse troepe.

Cheney het in die openbaar erken en dit verdedig dat hy ‘n sleutelrol gespeel het daarby dat die Bush administrasie oorgegaan het, soos hy dit genoem het, “die donker kant,” deur ‘n sistematiese program van marteling, buitengewone vertoning en aanhouding sonder aanklagte te ontwerp, wat gesorg het vir die verskriklike misdade van Guantanamo, Abu Ghraib en die CIA se swart tonele rondom die wêreld.

Die korrupte voormalige HUB van Halliburton verpersoonlik die VSA se heersende establishment wat funksioneer as ‘n gereelde kriminele sameswering teen die Amerikaanse mesne en werkende mense rondom die planet.

Wat egter meer tekenend is, is dat Cheney se kommentaar nie ‘n afwyking is nie, maar eerder ten volle in lyn met die van senior Demokrate en baie van die oënskynlik liberale media wat Snowden as ‘n verraaier uitmaak omdat hy die spioenasie programme aan die mense van Amerika en die wêreld geopenbaar het.

In sy vraag-en-antwoord sessie met die Guardian het Snowden die hoop uitgespreek dat sy openbaringe “aan Obama die geleentheid bied vir ‘n appel om terug te keer na gesonde verstand, grondwetlike beleid, en die heerskappy van die wet eerder as mense.”

Binne ure het Obama dit duidelik gemaak dat hy niks van die soort gaan doen nie. Die voortsetting van binnelandse spioenasie programme en die grootskaalse oortredings van die VSA se Grondwet sal onverppoost voortgaan.

Selfs meer as Cheney voor hom, verpersoonlik Obama die konsolidasie van beheer oor die VSA staat deur die weermag en intelligensie apparaat, tesame met Wall Street se finansiële oligargie. Deur beleide uit te voer wat deur die meerderheid van die bevolking teengestaan word, insluitend nuwe oorloë van imperialistiese aggressie, end ei vrees dat sosiale ongelykheid en ekonomiese onderdrukking ‘n opstand van onder kan beteken, is hierdie magte gedetermineer om die masjienerie van ‘n polisie staat diktatorskap voort te sit.

Die beskerming van demokratiese regte kan slegs gevoer word deur die onafhanklike politieke mobilisasie van die werkersklas in ‘n stryd teen kapitalisme. Aan die voorfront van hierdie beweging moet die geveg wees om Edward Snowden te help, sowel as Bradley Manning en Julian Assange, teen die staat se pogings om wraak te neem omdat hul misdade ontbloot is.

Loading