100 jaar gelede: Rassistiese ‘Native Land Act’ deurgevoer

19 Junie 2013

Op 19 Junie 1913 is die sogenaamde ‘Natives Land Act’, ook bekend as die ‘Black Land Act’, in Suid-Afrika deurgevoer. Die wet, deurgevoer deur die regering van Louis Botha, was die eerste deel van rassistiese wetgewing sedert die Unie van Suid-Afrika in 1910 begin bestaan het. Dit het die wetlike raamwerk verskaf vir die apartheid regime wat in 1948 begin is.

Die wet het bepaal dat buite die areas gedefinieer as Afrikaanse reswerwes deur die nasionale wetgewing, is swart Suid-Afrikaners verhoed om die verhuring en aankoop van grond aan te gaan behalwe as dit van ander swart mense is. Europeërs is ook verbied om grond van swart mense (‘Africans’) te koop of huur. In total, is slegs 13% van die totale anatal grond in Suid-Afrika toegeken vir eienaarskap deur swart mense.

Alhoewel hulle slegs 20% van die bevolking beslaan het, het witmense 80% van die grond beheer. Swartmense is toegelaat om buite die reserwes te bly slegs as hulle kon wys dat hulle deur witmense in diens geneem is.

Swart Afrikane het die wetgewing teengestaan, en aangedring dat dit slegs witmense bevoordeel, in die besonder boere wat meer landbougrond wou bekom en gepoog het om swart Afrikane te gebruik is arbeiders.

Die Nederduits Gereformeerde Kerk was ‘n prominente ondersteuner van die wet. Dit het ‘n resolusie op 4 Mei 1913 deurgevoer wat die verkoop van grond aan swartmense the sterkste teengestaan het, en het die Suid-Afrikaanse Party aangemoedig om die “euwel te beveg”. Die meeste druk vir die wet om wettig te word het van die Oranje Vrystaat gekom, waar 97% van die plase deur wittes besit is, met slegs 1.5% van die grond wat deur swartes besit is. Swart Afrikane het 30.4% van die grond besit in Natal, 9.3% in die Kaap, en 4.4% in Transvaal.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Inboorling Kongres (SANIK) wat in 1912 gevorm is en wat later die Suid-Afrikaanse Nasionale Kongres geword het, het ‘n petisie aan die Britse regering en die Suid-Afrikaanse parlement gestuur in 1914 om die wet te stop, maar het misluk. Die SANIK is grootliks saamgestel uit stamhoofde, swart kerk amptenare, en aspirant lae van die swart middelklas, en dit was vyandiggesind teen enige rewolusionêre stryd om die onderduktes te mobiliseer ten die Botha wetgewing. Die ‘Natives Land Act’ was nie tot 1991 teruugetrek nie.