Afrikaans
Perspective

Obama in Berlyn

In sy toespraak Woensdag in Berlyn het President Barack Obama baie gemaak van die feit dat hy die eerste Amerikaanse president was wat van die oostelike kant van die Brandenburg Hek gepraat het, wat eens die Stalinistiese Oos Berlyn was. Dit was veronderstel om wat Obama “oop samelewings wat die heiligheid van die individu (oor onderdrukkende politieke sisteme) respekteer” genoem het, te simboliseer.

Hy het homself egter genoop gevoel om ‘n uitdruklike verdedigingte voer van die nuut blootgestelde toesig netwerk waaroor hy toesig hou, wie se massiewe en onwettige operaies dié van die ou Stasi polisie verdwerg.

Obama het weereens homself beroep op volstrekte leuens, en het verklaar dat die National Security Agency (NSA) programme wat die telefoon rekords van alle Amerikaners afneem en die elektroniese rekords van mense regoor die wêreld opneem is “verbonde aan die oppergesag van die reg” en teiken die “kommunikasies van gewone mense nie.”

Dit was van die mees openlike teenstrydighede in ‘n toespraak wat deurspek was van banalitiete en leuens. Obama het ‘n beroep gedoen op die ideale van “vrede” en “verdraagsaamheid”, nadat hy pas die bewapening van Islamitiese militias wat sektariese gruweldade in Sirië uitvoer voorgestaan het. Hy het gepraat van “geregtigheid” in een asem en droon sluipmoord aanvalle in die volgende.

Hy het langs die Duitse kanselier Merkel gestaan, wat aan die spits staan van die toediening van massa werkloosheid en armoede op die mense van Griekeland en baie ander Europese lande, terwyl sy administrasie beleg gelê het op lewensstandaarde van werkers in die VSA, en daarby het Obama die “belediging van verdiepende ongelykheid” en “die pyn van jeug wat werkloos is” afgewys het.

Die skynheiligheid het nie die mense van Duitsland en rondom die wêreld verbygegaan nie, wat nie te lank gelede beïndruk was met Obama se verkiesingsveldtog slagspreuke van “hoop” en “verandering” nie. Sedertdien het meer as vier jaar se oorlog, die redding van banke, sosiale besnoeiinge en onophoudelike aanvalle op demokratiese regte – ‘n voortsetting en intensifisering van die regse beleide van die Bush administrasie – het baie gedoen om die populêre millusie wat bestaan het oor Obama sedert sy verkiesing, te laat afneem.

Obama het Woensdag voor ‘n uitgekose skare van 4 000 gepraat, en het agter koeëlvaste glas gestaan en beskerm deur ‘n ampere sluiting van Berlyn. Vyf jaar gelede, toe kandidaat Obama in Berlyn gepraat het, het 200 000 mense, meesal jeugdiges, op Tiergarten toegesak in ‘n tentoonstelling van naïewe en misleidende entoesiasme wat “Obamamania” genoem is.

Kandidaat Obama se ontvangs in Europa was deel van ‘n breëre fenomeen. Baie mense, veral jongmense, in die VSA en rondom die wêreld was weggevoer deur die massa bemarkingsveldtog om die bykans onbekende senator te verkoop.

Dit is nie genoeg, vyf jaar later, om net van illusies oor Obama ontslae te raak nie. Daar is ernstige politieke lesse te leer sodat werkers en die jeug polities voorbereid sal wees vir toekomstige ontwikkelinge.

Die Obama fenomeen was die resultaat van ‘n sameloop van media manipulasie, gebrek aan politieke ervaring en self-ontkenning, en die valse aanname dat Obama se Afrika-Amerikaanse etnisiteit hom meer simpatiek sou maak teenoor werkende mense en meer geneig om progressiewe politiek te volg.

Op die een of ander manier is dit aangeneem dat omrede Obama ‘n pa van Afrika het, sy verkiesing die aard van Amerikaanse imperialisme sou verander.

Sulke bankrot beleide, wat deel is van identiteit politiek, is veral voorgehou deur pseudo-linkse organisasies, wat nie vir die werkersklas praat nie, maar vir bevoorregte dele van die middelklas. Te midde van die grootste krisis van Amerika en wêreld kapitalisme sedert die 1930s, is Obama geskik vir diegene wat dien as die “linkse” afdeling van die Demokratiese Party. Die International Socialist Organisation het Obama se verkiesing ‘n “transformerende gebeurtenis” genoem en ‘n “nuwe New Deal” voorspel.

Die bevordering van sulke illusies het in die hande gespeel van die heersende klas, en hulle gehelp om tyd te koop terwyl hulle voorberei het vir ‘n ongeëwenaarde aanval op die sosiale toestande van die werkersklas en ‘n toename van militêre geweld in die Midde Ooste en elders. Die aanstelling van Obama het die beheer van die militêre en intelligensie establishment oor die Verenigde State verder verseker.

Obama se toespraak van Julie 2008 was wyd geprys in die media, insluitend die organe van die pseudo-linkse groepe. Om die waarheid te sê, die toespraak het aangedui dat, ongeag die retoriek van die veldtog, die reaksionêre buitelandse ne binnelandse beleide van die Bush jare voortgsit sou word.

Soos die World Socialist Web Site geskryf het: “Barack Obama se toespraak voor ‘n skare van sowat 200 000 mense in Berlyn was ‘n reaksionêre bevestiging van die anti-kommunisme van die koue oorlog en ‘n poging om ‘n nuwe raamwerk vir imperialistiese militarisme en aggressie te berorder – die sogenaamde “globale oorlog op terreur.”

“Teen die agtergrond van ‘n pot geskiedenis van na-oorlogse VSA-Europese verhoudinge, het die Demokratiese presidensiële kandidaat ‘n beroep gedoen vir nouer samewerking tussen die twee kontinente in die stryd teen die “nuwe gevaar” van internasionale terrorisme en dat Europese lande meer troepe na Afghanistan te stuur.” (Sien: “Obama demands Europe send more troops to Afghanistan”).

Werkers en die jeug wat vandag gekonfronteer word deur ongeëwenaarde aanvalle op hul lewensstandaarde en demokratiese regte, en wat na ontsaglike stryde beweeg, moet hulself afvra wat ind ei houding van die WSWS het ons in staat gestel om die politiek van blinde beïnvloedbaarheid teen te werk wat deur die establishment media en pseudo-linkse groepe voorgehou word, en om op korrekte wyse die politieke karakter en trajek van Obama te ontleed.

Die antwoord is politiek wat gebasseer is op ‘n Marxistiese begrip van die historiese ervaringe van die werkersklas, bekom deur die stryd van die Trotskyistiese bewegings teen die verraad van van Stalinisme, Sosiale Demokrasie en die unies se burkokrasieë, en ‘n teoretiese begrip van die wette van die geskiedenis.

So ‘n houding dui daarop dat sosiale klasse – nie ras, geslag of seksuele oriëntasie – is die dryfveer agter politiek. Obama, soos enige ander politikus, is nie ‘n vrye agent wie se politiek bepaal word deur persoonlike vaardighede of individuele sielkunde nie, maar die verteenwoordiger van die heersende klas wat deru niks gestop sal word om hul geweld en mag teen die werkersklas te beskerm nie – ‘n heersende klas wat toesig hou oor ‘n sisteem wat in doodsgevaar verkeer.

Die fundamentele les van die Obama ervaring is die noodsaak vir ‘n wetenskaplike onteliding van ekonomiese, sosiale en politieke gebuere en die ontwikkeling van ‘n rewolusionêre perspektief en program van stryd vir die werkersklas gebasseer op so ‘n analise. Hierdie taak word elke dag slegs deur die World Socialist Web Site en Socialist Equality Party, uitgevoer.

Loading