Afrikaans

Turkse unies, sake-groepe obderduk Taksim Square protes

Die Turkse heersende elite sluit geledere rondom Eerste Minister Recep Tayyip Erdogan se onderdrukking van protes-optrede. Deur te dreig om die weermag te stuur om teen die bevolking op te tree, het Erdogan onluste polisie gestuur om Taksim Square skoon te maak, en het honderde protesteerders Dinsdag in hegtenis geneem.

WSWS oondersteuners in Turkye het verslag gedoen dat 20 sakegroepe en vakunies volblad advertensies uitgeneem het in Turkye se groot nasionale koerante, en het ‘n beroep gedoen vir Taksim Square protesteerders om huis toe te gaan. Ondertekenaars het die Turkish Union of Chambers and Commodity Exchanges (TOBB), die Confederation of Turkish Labor Unions (TURK-IS), die Turkish Tradesmen and Artisans’ Confederation (TESK), en die Turkish Banks Association (TBB) ingesluit.

Die stelling het die protes-aksie as skadelik vir Turkye se nasionale belang uitgebeeld, waarin geskryf is: “Die protes het verder gegaan as hulle ware doel, want marginale groepe het dit gebruik om onrus in die land te skep en konflik tussen mense te veroorsaak, en ruimte geskep vir die ontwikkelinge om vir slegte bedoelinge gebruik te word teen die land. Ons vra ons burgers om terug te keer na hul daaglikse lewe sodat vooruitgang oor die aangeleentheid voort kan gaan.”

Alhoewel onluste polisie verantwoordelik was vir die grootste hoeveelheid geweld – deur ‘n aantal protesteerders dood te maak en 5 000 te beseer – het die stelling die protesteerders gekritiseer as geweldadig, en het hulle aangespreek oor “die afbreek en brand van die eiendom van andere sowel as om hulle te beledig kan nie interpreteer word as die gebruik van regte in enige wetlike sisteem nie.”

Die Turkse heersersklas, met die steun van Washington en die Europese hoofstede, probeer om die protes-optrede te verwoes, wat verlede maand begin teen Erdogan se planne om Grezi Park, wat langs Taksim Square is, te hermodeleer. Die protes het ge-eskaleer, en het breë lae van die stedelike jeug gemobiliseer wat vyandiggesind is teen stygende sosiale ongelykheid en Erdogan se Islamitiese beleide – insluitend sy ongewilde deelname in die VSA se oorlog teen Sirië, sowel as anti-demokratiese verbod op alkohol verkope.

Erdogan se brutale onderdrukking vervreem breë lae van die Turkse bevolking. Meningsopnames het bevind dat sy Justice and Development Party (AKP) van 50% populariteit na 35% gesak het. Cengiz Candar, ‘n politieke analis van Turkye, sê die party sluit geledere na aanleiding van die populêre weerstand: “Sy party se lede debateer tans niks nie. Hulle dink aan oorlog.”

Botsings tussen die polisie en demonstreerders het Woensdag plaasgevind in die vroeë oggendure. Duisende protesteerders het demonstrasies gehou in Ankara en Eskishir, en is versprei deur die polisie was gas bomme en water kanonne gevuur het.

Onder hierdie toestande is die Erdogan regering desperaat om spoedig die protes-aksie te eindig, voordat hulle breër sosiale lae – en bo alles die werkersklas, wat in 2011 die diktatorskappe wat deur die VSA in Egipte en Tunisië gesteun is, omver gewerp het, betrek. Hier geniet hulle die volle steun van NAVO magte.

Erdogan se regime geniet NAVO steun vanweë die sentrale rol wat hulle speel om Islamitiese opposisie magte in die bloedige VSA proxy oorlog in Sirië, te help. Turkye kom na vore as die hoeksteen van die VSA gesteunde streeksmagte wat bestaan uit Sunni Islamitiese regimes wat teen Sirië se president Bashar al-Assad veg – ‘n oorlog wat uiteindelik gemik is teen VSA-geleide regime verandering in Iran, en om die VSA se imperialistiese hegemonie in die Midde Ooste te verseker.

Sinan Ulgen van die Carnegie Endowment for International peace in Brussels het aan die Duitse internasionale uitsaai-diens Deutsche Welle gesê, “Turkye – aan die einde van die dag – is ‘n Navo lidland; dit is deel van die NAVO alliansie. Tensy dinge verander tot die mate dat daar ernstiger demokratiese misbruik is, sal die Weste aanhou om met Turye saam te werk. Deutsche Welle het gesê “die Turkse eerste minister – ‘n sleutel-gesprekvoerder oor Sirië – is op plaaslike vlak verswak. Maar volgens Carnegie se Ulgen, alhoewel Erdogan wydverspreide plaaslike opposisie in die gesig staar, sal hy waarskynlik ‘n onmisbare vennoot vir Westerse lande in Sirië word.”

Die sentrake struikelblok vir die ontwikkeling van werkersklas opposisie tot die Erdogan regering en hul pro-oorlog beleide is die reaksionêre rol van die unies en die Turkse bourgeois and petty-bourgeois “linkse front”. Hulle is vyandiggesind tot enige stryd teen die Erdogan regering en NAVO magte.

Die Turkse unies, die Revolutionary Trade Unions of Turkey (DISK) en die Confederation of Public Workers Unions (KESK), het ‘n sleutelrol gespeel, deur slegs 5 000 werkers Maandag te mobiliseer nadat ‘n beroep gedoen is vir ‘n algemene staking. Dit het aan die unie burokrasie en die Erdogan regering die selfvertroue gegee dat daar geen onmiddellike risiko is vir ‘n massa werkersklas opstand indien die regime ‘n onderdrukking van die proteste van stapel stuur.

Die verskeie bourgeois “linkse” en pseudo-linkse partye aktief in die Taksim Solidarity Platform wil graag met Erdogan onderhandel en het slegs die mees beperkte eise gestel, en het gekonsentreer daarop om Gezi Park te hermodeleer. Dit het diep opposisie teen die oorlog verhoed en tot sosiale ongelykheid wat in die werkersklas bestaan.

Onder hierdie toestande, gaan die Erdogan regering voort met die onderdrukking. Dosyne Turkse protesteerders is Woensdag deur die regering aangehou, na landwye strooptogte teen groepe wat na vermoede vir die protes-optogte verantwoordelik was. Die strooptogte het lede van partye insluitend die Socialist Party of the Oppressed (ESP) en die Marxisties-Lenninistiese Kommunistiese Party (MLKP).

Volgens die Hurriyet Daily Ne ws sal aangehoudenes oor die volgende vier dae ondervra word, en baie sal aangekla word daarvan dat hulle “geweldadige protes-aksies georganiseer het en ‘n beroep gedoen het op mense om onwettige vergaderings bygewoon het. Die aantal individue wat gearresteer is is beraam op 200 tot 500, maar dit kan selfs meer wees.

Erdogan se regime beweeg ook om die uitdrukking van opposisie op die Internet te verseker. Adjunk eerste minister Bulent Arinc het gesê sosiale media gebruikers behoort op wetlike wyse ontmoedig word om “misdaad, leuens en waninformasie te versprei”.

‘n Nuwe vorm van passiewe teenkanting, wat die “standing man” protes genoem word, het vandeesweek regoor Turkye versprei na afloop van die brutale onderdrukking wat deur die regime geloods is. Die protes het honderde demonstreerders ingesluit wat beweegloos en stil in publieke spasies gestaan het.

Die ‘standing man” protes word wyd in die bourgeois media gepubliseer, want sulke stil individuele proteste hou geen vrees in vir die Erdogan regering, die VSA se oorlog in die Midde Ooste, of die kapitalistiese orde nie. Om hierdie rede word die ‘standing man’ protes bevorder in die bourgeois media en op die Taksim Square Platform se Twitter rekening.

Die Erdogan regime het ook hul steun toegeê aan die “standing man” proteste. Adjunk Eerste Minister Arinc het gesê hulle was “beskaafd” en “sag op die oog.”

“Ons behoort sulke proteste binne die wet aan te moedig,” het hy bygevoeg.

Loading