Afrikaans
Perspective

Siriese oorlog dreig om streeks- en sektariese bloedbad te word

Oor die laaste weke het Washington se strategie in die Midde Ooste baie duidelik na vore gekom: dit het ten doel om sektariese divisies te eksploiteer, veral tussen die Sunni en Shia Moslems, om die Midde Ooste en sy belange te herstruktureer.

Die VSA het ‘n groep Sunni Islamiste gemobiliseer waarin Al Qaeda verbonde magte ‘n groot rol speel, om die Shia Alawite-geleide regime van die Siriese President Bashar al-Assad te beveg. Dit sien nou die opstook van godsdienstige spanninge in die streek as die beste manier om ‘n breë basis vir ‘n beleid van isolasie te skep en Iran te teiken – ‘n Shia-gedomineerde staat verbonde aan Shia-geleide Arabiese regimes in Sirië, Irak, en aan die Lebanese Shia militia Hezbollah.

Oor die laaste maand het die volgende gebeur:

  • Egipte se Islamitiese President Mohamed Mursi het hierdie week diplomatieke betrekkinge met Sirië verbreek, nadat Egipte ‘n vergadering van 70 Sunni geloofs-groepe in Kaïro gehou het wat daarna ‘n stelling vrygestel het wat ‘n beroep gedoen het vir ‘n “jihad met die verstand, geld, wapens – alle vorms van jihad.”
  • Die Egiptiese kerklike Sheikh Yousef al-Qaradawi wat in Qatar gebaseer is, het reeds ‘n globale versoek gerig vir Sunnis om ‘n heilige oorlog in Sirië te voer. “Elke Moslem opgeleide vegter en wat bevoeg is om te veg moet hulself beskikbaar stel … Hoe kon 100 miljoen Shia 1.7 biljoen Sunnis verslaan? Slegs omdat [Sunni] Moslems swak is,” het hy gesê.
  • In Turkye steun Washington Eerste Minister Recep Tayyip Erdogan soos hy daarna beweeg om die brutale protes-aksies teen sy Islamitiese regering te onderdruk, insluitend sy steun vir die Siriese oorlog.
  • In Saudi-Arabië, waar tienduisende Lebanese Shia woon, beplan die monargie om Hezbollah ondersteuners uit te werp in reaksie teen Hezbollah se steun vir Assad.

Die verskriklike implikasie van Washington se beleid was erken selfs deur die voormalige VSA ambassadeur na Yugoslawië, Peter Galbraith, wat kommentaar gelewer het: “Die volgende volksmoord in die wêreld sal waarksynlik teen die Alawiete in Sirië wees.”

Twee reuse bekommernisse is die aanvuur van Amerikaanse imperialistiese beleid: eerstens, om die radikalisering van die massas te blokkeer en die samesmelting van rewolusionêre stryde van die werkersklas te keer, soos in 2011 gebeur het teen die VSA gesteunde diktatorskappe in Egipte en Tunisië; en tweedens, om met mag ‘n onbetwiste hegemonie oor die strategiese olie-ryk streek te vestig. Sedert 2011 het die VSA eers oorlog gevoer in Libië, en toe in Sirië.

Terwyl opposisie afdelings wat deur NAVO se spesiale magte en vegvliegtuie gesteun word, daarin geslaag het om die Libiese regering omver te werp en om Libiese kolonel Muammar Gaddafi te vermoor, was die Assad regering dusver te kragtig vir die Islamitiese militias om te oorkom.

Massas werkers voel aan dat die aanhitsing van sektariese spanninge katastrofale gevolge kan inhou. Onlangse meningsopnames dat slegs 15% van Amerikaners toenemende steun aan Siriese opposisie steun, en 28% van Turke steun Erdogan se oorlogsbeleid. ‘n Pew Research Centre opname verlede maand het bevind dat 80% van Lebanese vyandiggesind is teen die VSA wat Sirië bewapen – insluitend 66% van Lebanese Sunnis – tesame met 59% van Egiptenare en 60% van Tunisiërs.

Die basis van anti-imperialistiese strategie is om te veg om die werkersklas te verenig in ‘n gewone rewolusionêre stryd teen oorlog. Hierdie stryd, wat geantisipeer is deur die 2011 opstande in Egipte en Tunisië, kan slegs voortgaan op die basis van ‘n internasionale stryd vir sosialisme en vir werkersmag, regoor alle etniese en sektariese lyne.

In teenstelling tot media weergawes van die Midde Ooste wat dit uitbeeld as deurspek met geloofs-haat, is daar ‘n lang tradisie van sosialistiese stryde deur die werkersklas van die Midde Ooste. Na afloop van die Tweede Wêreldoorlog, was daar massa Kommunistiese partye in al die groot streekstate – in Sirië, Irak, Iran, Egipte, en daarna. Die tragedie is dat hierdie partye gedomineer is deur Stalinistiese leierskappe wat die teen-rewolusionêre politieke alliansies binne die Midde Oosterse bourgeois nasionale leierskappe, soos die Siriese Baathiste regime van Assad, teengestaan het.

Dit het gelei tot ramspoed in die een land na die ander, want Washington en sy Europese vennote was in staat om die etno-sektariese spanninge te manipuleer en regse Islamitiese magte te bevorder, van die Sunni mujahedin van die 1980s Sowiet-Afghan oorlog, waaruit Al Qaeda na vore getree het, tot die Al Qaeda verbonde Islamiste van vandag se Libiese en Siriese oorloë.

In die huidige periode van intensifiserende politieke en ekonomiese krisis, kom die moontlikheid weer na vore om nuwe sosialistiese leierskappe in die werkersklas.

Die Trotskyistiese beweging se geveg teen die verraad van Stalinisme word voortgesit in die stryde van die Internasionale Komitee van die Vierde Internasionaal (IKVI) teen die reaksionêre, pro-imperialistiese politiek van die pseudo-linkse groepe – partye soos die International Socialist Organization in die VSA, Frankryk se New Anti-capitalist Party, Britanje se Socialist Workers Party, Duitsland se Left Party, en Egipte se Revolutionary Socialists. Hulle het die installasie van teen-rewolusionêre Islamitiese regimes in Egipte en Tunisië as ‘n voorwaartse stap vir demokrasie gesien, en die imperialistiese oorloë in Libië en Sirië as “rewolusies”.

Hulle het direkte verantwoordelikheid vir die sektariese bloedbad wat nou die Midde Ooste bedreig. Dit is op die basis van die IKVI se stryd teen hulle pro-imperialistiese beweging in die Midde Ooste wil herbou.

Loading