Afrikaans

Verkoop van aandele wys na nuwe krisis

Die hernieude onrus op die globale finansiële markte, wat ‘n reuse afname op Asiatiese markte en ‘n 1% afname op Wall Street tot gevolg gehand het, wys dat geen van die probleme wat sedert die 2008 ineenstorting plaasgevind het, oorkom is nie. Die teenoorgestelde is waar, daar is beslis ‘n nuwe krisis aan die kom – een wat aan die gang gesit is deur die beleide van die sentrale banke oor die laaste vyf jaar.

Die aanvanklike vonk vir die verkope was die aankondiging deur die Voorsitter van die Federale Reserwe Ben Bernanke dat indien ekonomiese toestande verbeter in die VSA, sal die Fed dit oorweeg om minder erg te wees op die terugkoop van verbande onder sy beleid van “kwantitatiewe verligting”. Die paniekerige reaksie van die markte tot hierdie stelling is onlangs vererger deur vrese van ‘n krediet krisis in Sjina vanweë die geld-beleid van die finansiële owerhede.

Sedert die derde ronde van kwalitatiewe verligting (9QE3) wat verlede September aangekondig is, het die Fed nagenoeg $85 biljoen per maand spandeer aan die aankoop van Tesourie-effekte, en het hul balansstate met $1 triljoen per jaar vermeerder.

By sy perskonferensie verlede Woensdag, het Bernanke herhaaldelik sy versekering gegee aan die finansiële markte dat die Fed nie sy monetêre beleid verskerp nie, maar slegs druk op die versneller verminder, en dat indien die geld krisis vererger, meer monetêre vergemakliking sal plaasvind.

Maar die uiterste afhanklikheid op finansiële kapitaal en inspuitings van ultra goedkoop likwiditeit van die Fed beteken dat slegs ‘n uiting dat die vloei sal verminder het ‘n parkoksisme in die mark veroorsaak. Die pryse van vebande het geval, en het ‘n verhoging in verbande se imkomste verseker. Op Wall Street het die Dow Jones geval, en het 200 punte in die periode onmiddellik na Bernanke se perskonferensie verseker en het ‘n verdere 350 punte die volgende dag verloor voordat dit Vrydag ietwat verbeter het.

Die verkope het ‘n groot impak rondom die wêreld gehad, veral in sogenaamde ontluikende markte waar eenhede wat goed gedoen het teen die dollar beduidend geval het. Die Turkse lire en die Indiese rupee het verlede week rekord laagtepunte ervaar.

Fonds bestuurders het reuse ontrekkings van skuld fondse gerapporteer in reaksie tot vrese dat baie van hierdie lande te afhanklik is op die uitvloei van geld van die VSA onder die kwantitatiewe program en dat ‘n omdraai van die vloei van geld tot groot ekonomise probleme kan lei. Turkye en Indië is beide kwesbaar omdat hulle tekorte het op hul lopende rekeninge.

Maar die ekonomiese probleme van hierdie streke is slegs ‘n grafiese uitdrukking van die verdiepende krisis aan die middelpunt van die globale kapitalistiese ekonomie.

Sedert die globale finansiële begin het in 2008, het sentrale banke rondom die wêreld, met die VSA se fed wat aan die voorpunt staan, ten minste $10 triljoen in die finansiële krisis toegestaan. Die aanvanklike hulp het die vorm aangeneem van uithelp-pakette. Nou word dit besorg in die vorm van kwantitatiewe vergemakliking waarvolgens honderde biljoene dollars beskikbaar gestel word aan banke en finans huise deur sentrale banke se aankope van verbande.

Die amptelike redes vir heirdie beleid is dat die aankoop van verbande en die vermindering van opbrengste op finansiële bates sal uiteindelik lei tot groter risikos deur beleggers, insluitend die inspuiting van geld in die regte ekonomie.

Dit het nog nie plaasgevind nie. Eerder, kwantitatiewe vergemakliking het ongeëwenaarde finansiële spekulasie tot gevolg gehad, en het gelei tot ‘n situasie waarvolgens aandele-markte skerp gestyg het terwyl die regte ekonomie of baie stadig gegroei het, gestagneer het.

Selfs voor die jongste verkope was dit duidelik dat ‘n nuwe fase van finansiële onsekerheid begin het, met groeiende tekens van onstabiliteit na afloop van Bernanke se kommentaar op 22 Mei dat die Fed ‘n “taps” in die kwantitatiewe vergemakliking sal oorweeg, en dit het vrese laat ontstaan dat verband pryse kan val en ‘n styging in rentekoerse tot gevolg sal hê.

Die Bank van Engeland se direkteur van finansiële stabiliteit Andy Haldane het vroeër met ‘n groep Britse LPs gepraat en het na die potensiaal vir ‘n nuwe krisis gewys. “Kom ons wees duidelik,” het hy gesê. Ons het met opset die borrel van die grooste aandele styging in die geskiedenis gebars.” Die grootste risiko vir die finansiële sisteem, het hy bygevoeg, was “wanordelike terugkering”, wat ‘n vinnige val in die verband-mark is.

Daar kan kwalik ‘n duideliker erkenning wees van die uiterste bankortskap van die huidige kapitalistiese orde.

Die beleide wat deur die regerings en finansiële owerhede ten behoewe van die heersersklasse rondom die wêreld het toestand geskep vir ‘n nuwe ekonomiese katastrofie bo en behalwe die sosiale en ekonomiese verwoesting wat reeds deur die 2008 krisis veroorsaak is.

Die vorm wat die jongste ronde se turbulensie veroorsaak het dui daarop dat die krisis gewortel is in ‘n maligniteit aan die middelpunt van die kapitalistiese wins-sisteem self.

Bernanke het verklaar dat die QE program teruggetrek sal word slegs indien daar ‘n beduidende verbetering is in die werklike ekonomie. Maar die reaksies van die markte dui daarop dat indien dit gedopen word daar ‘n volkskaalse ineenstorting sal wees. Met ander woorde, finansiële markte kan nie oorleef onder wat eers as “normale” toestande gesien is nie.

Dit is ‘n uitdrukking van ‘n diepgaande disintigrasie in die juisste proses van kapitalistiese produksie self. In sogenaamde “normale” toestande word geld belê in die maniere van produksie en word gebruik vir arbeid om kommoditeite te lewer wat dan verkoop word om ‘n wins te skep. Ten minste ‘n deel van die winste word dan gebruik om verdere belegging te befonds, en sodoende word verdere produksie en ekonomiese groei geskep.

Die proses is egter gebroke. Winste word nou bymekaargemaak, maar is toenemend nie die resultaat van ‘n uitbreiding van die ekonomie as geheel nie, maar eerder van koste besnoeiinge, loonverlagings, soos in die VSA se motorbedryf, of die ontwikkeling van nuwe tegnologië wat teenstaanders uit die mark dryf.

Ekonomiese stagnasie en kontrakterende markte beteken dat winste nie herbelê word nie, maar lei tot die akkumulasie van groot kontant balanse op die boeke van korporasies – dit word beraam op soveel as $2 triljoen in die VSA ekonomie – wat dan vir spekulatiewe operasies gebruik word in finansiële markte.

Die geweldadige reaksie tot die moointlikheid van kwantitatiewe vergemakliking mag wees dat die terugsnoei wys dat die uiterste afhanklikheid van die kapitalistiese ekonomie op hierdie vorm van parasitisme.

Dit is natuurlik nie moontlik om te voorspel wat die volgende stadium van die afbreek van die kapitalistiese ekonomie sal wees nie. Maar die perverse logika van die markte se skommelinge is beduidend.

Die paniekerige reaksie op die voorstel dat slegs ‘n gedeeltelike terugkeer na wat eens as “normale” toestande gesien is dui daarop dat die “gesondheid” van die finansiële markte afhanklik is van die voortdurende verarming van die werkersklas en die massa van die bevolking.

Die werkersklas moet die situasie ordentlik begin oorweeg en dienooreenkomstig optree. Hul reaksie op die verdiepende krisis teen hulle moet die ontwikkeling van ‘n politieke stryd wees om mag in eie hande te neem as ‘n essensiële vooraf kondisie vir die herorganisering van die wêreld se ekonomie op sosialistiese fondasies.

Loading