Afrikaans
Perspective

Hande van Edward Snowden af!

Die Obama administrasie en die VSA se militêre en intelligensie apparaat voer nou ‘n meer agressiewe wêreldwye kampanje om Edward Snowden gevange te neem. Terselfdertyd en ongetwyfeld in reaksie teen toenemende druk van Washington, stuur Russiese owerhede toenemend stomp tekens dat hulle wil hê die voormalige Nasionale Sekuriteitsagentskap kontrakteur moet vertrek van die Moskou Internasionale Lughawe waar hy vir die laaste twee weke vasgevang is.

Die lewe van Snowden is in onmiddellike gevaar. Die wraaksugtige karakter van Washington se internasionale mannejag het intensifiseer nadat hy ‘n reeks openbaringe gemaak het van die massiewe en onkonstitusionele en onwettige spioenering op nie net Amerikaanse burgers nie, maar mense en regerings van regoor die wêreld, van Wes Europa na Brasilië.

Die internasionale boelie en bende-verwante optrede van die Obama administrasie het die saak van Snowden se onvoorwaardelike reg to assiel teen die vervolging wat hy van die VSA in die gesig staar, krediet gegee.

Dit is beduidend duidelik gemaak nadat die vliegtuig waarin Bolivië se president Evo Morales gedwing is om te land deur Europese magte van ten behoewe van die VSA se Central Intelligence Agency optree. Die denkwyse agter hierdie sienswyse – ‘n oorlogsdaad – was dat Snowden aan boord die vliegtuig was.

Dit is nie duidelik dat sulke suspisie bestaan het nie, en of Washington nie maar besluit het om ‘n voorbeeld van Morales te maak deurdat hy gesê het dat Snowden assiel verdien nie en dat Bolivië bereid sal wees om dit te gee, en dat ‘n boodskap dus aan enige staatshoof gestuur is wat soortgelyke aksies oorweeg.

Een ding is seker, indien die VSA regering bereid is om die lewe van die Boliviese president op die prys te stel deur sy vlugplan te verander en terwyl brandstof laag was, is hulle natuurlik bereid om Snowden te vermoor om te keer dat hy meer inligting bekend maak.

Die VSA se politieke establishment het die verontwaardiging teen Morales met ‘n kampanje van dreigemente en intimidasie teen ander regerings oor die Snowden voorval opgevolg.

In ‘n voorbeeld van tweeparty eenheid oor die vervolging van Snowden, het leidende lede van beide partye Sondag se televisie nuus onderhoude gebruik om ‘n groot stok in die rigting van Latyns Amerika te rig, en dit was ‘n ego van die lang en kriminele geskiedenis van imperialistiese agressie in die streek.

Kongreslid Mike Rogers, die Republikeinse voorsitter van die House Intelligence Committee, het verklaar: “Hierdie is ‘n ernstige saak. Daardie Latyns Amerikaanse lande wat sekere handelsvoordele met die VSA geniet, ons behoort na alles te kyk en ‘n duidelike boodskap te stuur dat ons nie hierdie tipe gedrag sal duld nie.”

Soortgelyk daaraan het Senator Robert Menendez, die Demokratiese voorsitter van die Senate Foreign Relations Committee gedreig dat enige land wat assiel aan Snowden toestaan “hulsef direk teen die VSA laat staan en hulle hoort dit te weet.”

Die bende-verwante aktiwiteite van die Amerikaanse regering is in skrille jontras met die beginselvaste optrede van Snowden self. In ‘n tweede paaiement van die onderhoud wat verlede maand met Snowden deur die Guardia n koerant gevoer is, het die voormalige NSA kontrakteur sy standpunt verduidelik vanuit die oogpunt van sy eie politieke evolusie, dat hy geglo het dat die VSA “edel” is in hul pretensies dat hulle optree “om onderdukte mense oorsee te bevry” tot die onteddking dat “ons eintlik betrokke was om die publiek te mislei .. om ‘n ingesteldheid in die globale bewustheid te skep.”

Snowden het vir miljoene mense rondom die wêreld gepraat deur te sê: “Ek wil nie in ‘n wêreld bly waar alles wat ek sê, alles wat ek doen, almal met wie ek gesels, elke uitdrukking van liefde of vriendskap opgeneem word nie. En dit is nie iets wat ek bereid is om te bou of onder te leef nie.”

Hy het verder verduidelik dat hy gewag het vir “ons leierskap” om “die oormaat van regerings te korregeer” maar het “gesien dat dit nie gebeur nie, om die waarheid te sê ons vererger net die oormaat van vorige regerings en om dit erger en meer inmegend te maak en niermad staan regtig op om dit te stop nie.”

Dit is hier nie net die gedagtes van ‘n enkele individu nie, maar eerder die lewenservaringe van ‘n hele generasie wat polities wasdom bereik het in die konteks van Washington se “globale oorlog op terreur” wat gelei het tot oorloë in Irak en Afghansitan, wie se slagoffers in die miljoene was en gelei het tot die orkestrasie van mishandeling en kriminaliteit in die Wit Huis.

Die misdade wat onder die Bush administrasie uitgevoer is het slegs verdiep onder Obama, die veronderstelde voorstaander van hoop en verandering, wat ‘n globale droon program van stapel gestuur het, die massiewe uitbreiding van onwettige spioenasie en vars oorloë in Libië en Sirië.

Die resultaat is dat miljoene jongmense ontnugter is en aktief vyandig is met beide groot sake partye en die algehele politieke en ekonomiese bestel in die VSA, wat daaraan toegewy is om die belange van die finansiële oligargie te beskerm teen die van werkende mense, die oorgrootte meerderheid van die bevolking.

Die histeria en die wraaksugtigheid van die mannejag teen Snowden dui op diep vrees binne die heersende establishment nie net van Snowden nie, maar ook by groter nommers van werkers, jeug en studente wat sy oogpunte steun.

Dit is binne hierdie breë lae van die bevolking waar Snowden populêre steun geniet waar sy enigste verdediging lê. Dit kan nie in die hande van die bourgeois nasionalistiese regerings in Latyns Amerika oorgelaat word nie, wat poog om op hul eie manier VSA imperialisme te akkommodeer en om die belange van hul eie heersersklas uit te brei, of in die hande van Vladimir Putin se korrupte regime van die Russiese oligargie in Moskou.

Die werkersklas in die VSA en elke ander land is die enigste werklike plek vir die beskerming van demokratiese regte. Dit alleen kan ‘n doenbare alternatief vir die polisie-staat maatreëls wat deur die welgestelde lae wat deur ryk heersende lae in die VSA en rondom die wêreld gesteun word om ‘n sisteem wat deur breë sosiale ongelykheid, ekonomiese eksploitasie en politieke onderdrukking gekaraktiriseer word.

Massa steun moet gemobiliseer word in werkplekke, skole en woonbuurte in die VSA en rondom die wêreld oor die aandrang dat ‘Hande van Edward Snowden af!’ Sy verdediging moet gepaard gaan met die van korporaal Bradley Manning en Julian Assange, wat soos hy die vervolging van die staat in die gesig staar deur na die misdade van VSA imperialsime wys. Dit moet die spperpunt wees vir die stryd om demokratiese regte te hervestig en teen die kapitalistiese profit sisteem wat lei tot oolrog en die dreigement van diktatorskap.

Loading