Afrikaans
Perspective

Die infrastruktuur van ‘n polisie-staat kom na vore in Europa

Die voormalige NSA werknemer Edward Snowden het die infrastruktuur van ‘n polisie-staat openbaar gemaak wie se magte die toesigtelike magte van ‘n totalitêre diktatorskap soos die Duitse Nazi regome oorskry.

Amerikaanse en Europese intelligensie agentskappe monitor en stoor kommunikasie data van honderde miljoene burgers. Gebasseer op die metadata van opgeneemde gesprekke, kan hulle soomlose profiele van individue se bewegings en kontakte optrek. Dit stel hulle in staat om op selektiewe wyse die inhoud van gesprekke en e-posse uit te filter.

Die reg tot privaatheid – ‘n basiese mensereg wat in die Amerikaanse en elke Europese Grondwet vervat is – en die geassosieerde waarborg van die vertroulike van posse en telekommunikasies word in repe geskeur. Die wiretaps is duidelik onwettig sodat die intelligensie agentskappe in een land dikwels hul aktiwiteite delegeer na buitelandse vennote om blatante oortredings van hul eie internasionale wette te verhoed.

Snowden se onthullings verteenwoordig die toppunt van die ysberg. Hulle fokus op sy voormalige werkgewer, die National Intelligence Agency (NSA) en hul vennoor organisasies – soos die British Government Communication Headquarters (GCHQ), die Duitse Federale Intelligensiediens (BND) en die Franse Direction generale de la securite exterieure (DGSE) – wat amptelik buitelandse spioenasie behartig. Die aktiwiteite van militêre en binnelandse intelligensie agentskappe, wat toegang het tot die versamelde data in samewerking met geaffilieerde polsie departemente, is nog nie openbaar gemaak nie.

Die omvang van die moniteringsapparaat is reusagtig. Die VSA se intelligensiedienste neem self honderde duisende mense in diens. Spesifieke getalle is moeilik om te bekom want hulle bly geheim, maar ‘n ondersoek deur die Washington Post het bevind dat in 2010 omtrent 854 000 Amerikaners top-geheime sekuriteitsklarings het. Dit beteken dat die aantal intelligensie amptenare is omtrent die helfte van die getal van 1.8 miljoen odnerwysers in Amerikaanse primêre skole.

In Europa, is dit waarskynlik dat die aantal intelligensie agentskap werknemers net so hoog is. Akkurate beraminge is moeilik bekombaar, gegewe die groot aantal lande en militêre agentskappe. In Duitsland alleen, tesame met die BND, sluit ander agenstkappe in die Military Counterintelligence Service, die Federale Kantoor vir die Beskerming van die Grondwet (BfV) en sy 16 aparte staatskantore.

Die aanname dat hierdie Orwelliaanse toesig apparaat toegewy is aan die stryd teen terrorisme is absurd. Daar is geen noodsaak om honderde duisende burgers te monitor nie om ‘n handjievol terroriste te vang nie, wat in baie gevalle self bande met die intelligensie apparaat het.

Die werklike teiken van die intelligensie toesig is die meerderheid van die mense. Dit is die regte vyand wat deur die heerserklas geïdentifiseer word. Dit word verder bevestig deur ‘n kursiewe blik op sosiale statistiek en die sosiale teen-rewolusie wat tans plaasvind.

In die VSA beheer die rykste tien persent van die bevolking meer as helfte van die inkomste en omtrent driekwart van alle private bates. Aan die onderkant, leef die armste 15% van die bevolking onder die grens van armoede van $22 3000 per jaar vir ‘n familie van vier.

In Europa, het soberheidsmaatreëls wat deur die EU gedikteer word massa werkloosheid tot gevolg gehad asook sosiale verval op

Loading