Afrikaans

IMF opdatering dui op globale ekonomiese afwaartse kurwe

Soos die vyfde herdenking van die uitbreek van die globale finansiële krisis naderkom, beweeg die wêreld se ekonomie steeds verder weg van wat eens as “normal” beskou is.

Hierdie week het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het vandeesweek hul vooruitskatting vir die wêreld se ekonomiese groei afgeskaal – die vyfde soortgelyke hersiening sedert die begin van verlede jaar. Dit is beduidend dat die verklaring wat die met die opdatering gepaard gegaan het gewys het na prosesse wat daarop dui daar ‘n oorberekening van groei moontlikhede was oor die afgelope twee jaar en dit was die gevolg daarvan om nie strukturele veranderinge in ag te neem nie.

Die IMF het hul vooruitskatting vir globale groei besnoei tot 3.1% vir 2013, nadat hulle ‘n 3.3% vergroting in April en het hul vooruitskatting vir 2014 vermlaag tot 3.8%, nadat hulle voorheen ‘n 4% uitbreiding voorspel het.

Dit het na drie vername faktore verwys wat vir die verlangsaming verantwoordelik was: teleurstellende groei in ontluikende markte, ‘n dieper as verwagte resessie in die euro area as gevolg van n lae aanvraag en onderdrukte selfvertroue, en groei wat stadiger as verwag was in die VSA se ekonomie, vanweë besnoeiinge in regerings-uitgawes.

Die opdatering het opgemerk dat terwyl “ou risikos” tot globale groei bly “nuwe risikos het na vore gekom, insluitend die moontlikheid van ‘n langer groei afname in ontluikende markte se ekonomieë.” Met ander woorde, daar is geen vooruitsig vir groei in hierdie ekonomieë wat vir die lae groei in die Verenigde State sal kompenseer nie en die voortdurende resessie in Europa. Die euro area gaan na verwagting saamtrek met 0.6% in 2013 en groei met net 1 persent in 2013.

Die sametrekking in Europa is nie slegs die produk van die insinking in die sogenaamde randlande nie. Die IMF se hoof ekonoom Oliver Blanchard het gesê dat selfs in die kern ekonomieë van Frankryk en Duitsland “is daar oënskynlik ‘n gebrek aan vertroue in die toekoms” – ‘n opmerking wat die volgende dag uitgedra is toe die Duitse industriële kompleks se produksie met 1% in Mei gedaal het, twee maal die verwagte afname.

Blanchard het opgemerk dat terwyl daar spesifieke redes was vir die laer groei in Sjina, Brasilië en Indië, was daar ‘n onderliggende afname in die algehele tendens, en nie net in die sikliese komponent nie. “Dit is duidelik dat hierdie lande nie so vinnig gaan groei soos hulle voor die krisis gedoen het nie,” het hy gesê.

Onmiddellik na afloop van die opdatering, het data oor Sjina aangedui dat uitvoere in Junie met 3.1% geval het, nadat dit met gemiddeld 10.4% toegeneem het vir die eerste dele van 2013.

Die aanname dat Sjina en ander sogenaamde “ontluikende markte” die fondasie vir uitbreiding in die wêreld se ekonomie was altyd fiskie, gegewe hul afhanklikheid op die VSA en Europa as groot uitvoer markte. Maar dit was moontlik om dit te handhaaf vir ‘n periode vanweë die uitsonderlike finansiële en fiskale maatreëls wat in die afloop van die finansiële krisis onderneem is, veral deur die Sjinese regeirng.

Owerhede het die stimulus paket van sowat $500 billion geloods en ‘n uitbreiding van krediet ontketen om die finansiering van beleggingsprojekte te verseker, veral deur plaaslike regeringsowerhede. As gevolg hiervan het die verhouding van totale krediet tot bruto binnelandse produk in die Sjinese ekonomie gestyg met rondom 115% in 2008 tot ‘n beraamde 173%. Terselfdertyd het die aandeel van beleggings gegroei van 42% van die BNP in 2007 tot 47% in 2013.

Die stimulus maatreëls was daarop gebasseer dat Europa en die VSA uiteindelik sou herstel, wat hernieude uitvoere sou verseker. Maar die stagnasie in die VSA se ekonomie en die sametrekking in Europa het beteken dat uitbreidings krediet beleid in Sjina nie langer onderhou kan word nie. Dit is nou vervang deur die instelling van ‘n toesakking.

Die algehele beduidendheid van die IMF se opdatering is dat dit dit duidelik maak dat daar geen area van die wêreld se ekonomie is wat die basis kan verskaf vir ‘n algmene uitbreiding nie en dat daar geen vooruitsig vir so ‘n ontwikkeling in die toekoms is nie.

Daarby is daar duidelike en groeiende risikos van die aanbreek van ‘n nuwe finansiële krisis soos die VSA se Federale Reserwe Raad beweeg om terug te snoei op sy program van kwantitatiewe vergemakliking, waardeur $85 biljoen per maand in die finansiële markte gepomp sal word.

Die verskaffing van hierdie ultra goedkoop kontant het ‘n sentrale rol gespeel daarin om die VSA se aandele markte te laat styg tot nuwe hoogtse sin die gesig van stagnasie of baie lae groeikoerse in die onderliggende ekonomie. Hoër aandele pryse is onderhou, tot ‘n mate, deur hoër aandelepryse, maar dit was eerder die resultaat van wrede koste besnoeiinge eerder as die groei van inkomste as ‘n gevolg van uitgebreide markte.

Maar volgens ‘n onlangse verslag in die Wall Street Journal kom hierdie proses tot ‘n einde, met maatskappye wat ‘n hupstoot in inkomste nodig het om winste te bevorder. Die inkomste van maatskappye in die S&P indeks gaan na verwagting met 1% styg in die tweede kwartaal in vergelyking met ‘n jaar vroeër.

Onderwyl markte toenemend aan die styg is, na afloop van ‘n afname verlede maand toe die Fed se voorsitter Ben Bernanke aangedui het dat die Fed daarna kyk om terug te sny op kwantitatiewe vergemakliking, maar die eintlike instelling van die beleid kan hernieude tubulensie veroorsaak.

Selfs ‘n beperkte terugsnoei van die monetêre stimulus kan ‘n reuse impak op sogenaamde ontluikende mark en ontikkelende ekonomieë hê, soos kontant onttrek word en aan die VSA terugbesorg word. Die IMF het in bewaakte taal gewaarsku dat “swakker groei vooruitsigte” en “moontlike nalatenskap probleme” wat voortspruit uit “’n verlengde periode van vinnige krediet groei” kan lei tot meer “finansiële stablitietsrisikos.”

Indien die FED se vermindering van kwantitatiewe vergemakliking geldeenheid vermindering in waarde en vinnige uitvloei van kapitaal tot gevolg hê, kan dit heel moontlik terugkeer na die VSA se markte en ‘n finansiële krisis tot gevolg hê.

Wat ookal die onmiddellike draai in die kommentaar oor die ekonomie, het die IMF se jongste verslag verreiekende politieke beduidendheid. Dit benadruk die feit dat onder toestande waar daar geen vooruitsig is vir economies herstel nie in ‘n beduidende sin, sal stygende werkloosheid, loon besnoeiinge en besnoeiinge in sosiale dienste permament word.

Teen hierdie program van sosiale teen-rewolusie wat deur die heersende elites ingestel word, moet die werkersklas veg vir hul eie onafhanklike belange en ‘n politieke program wat daarop gemik is om ‘n werkersregering en sosialistiese program te implementer, deur te begin met ‘n program van openbare eienaarskap en demokratiese beheer van banke en groot korporasies.

Loading