Afrikaans

Joernaliste, skrywers, akademici kom tot Edward Snowden se verdediging

Die WSWS het verskeie joernaliste, kunstenaars en akademici gevra of hulle in die openbaar ten behoewe van Edward Snowden sou praat. Snowden het ‘n enorme diens verrig deur die breë kriminele onderneming van die Nasionale Veiligheids-agentskap en die militêre intelligensie apparaat uit te wys.

Snowden, wie ten tyde van hierdie skrywe vasgevang is in Moskou se internasionale lughawe, staar ‘n ongeëwenaarde kampanje in die gesig onder die hande van die Amerikaanse owerhede, hul dienaars in die media, sowel as die regerings en intelligensie-dienste van alle groot magte.

Ons sal kommentaar oor die volgende aantal dae plaas. Ons moedig andere aan om stellings in te stuur en by die veldtog aan te sluit.

***

Edward Snowden is ‘n heldhaftige figuur: ‘n inspirasie in die roofsugtige, sogenaamde post-moderne wêreld. Wat verstaan moet word is dat Snowden se onthullings nie oor privaatheid gaan nie, en nie eens oor burgerlike vryhede nie, nie eens oor massa toesig nie. Hulle is net nog een herinnering van die onnoembare: dat die Verenigde State ‘n totalitêre staat is wie se “demokratiese” fasades skaars die gevare bedek wat met fassisme geïdentifiseer word.

John Pilger, skrywer, joernalis, filmmaker

Nou en dan kry mens ‘n situasie wat net nie gekompliseerd is nie.

Om die agtervolging van Edward Snowden te ondersteun is om regering deur geheimhouding te ondersteun, en om ‘n aanval op basiese regte en vryehede wat elke mens verdien te steun.

Om te poog om hom te steun deur aanspraak te maak op Demokrate of Republikeine is om die juisste magte wat spioeneer op private kommunikaies in die VSA en internasionaal om ons te beskerm … teen hulle self!

Somtyds is daar ‘n verpligting om te praat, en dit is een van daardie kere. Ek steun Edward Snowden. Ek begroet sy moed en integriteit. Ek glo dit is of knavery of sotlikheid om te glo dat hy beskerm kan word behalwe deur die georganiseerde aksies van die massas van mense.

En hy verdien om beskerm te word.

Steven Brust, author

Verskeie dekades gelede was Daniel Ellsberg in staat om die donker geskiedenis van die Vietnam Oorlog sonder enige vorm van repurkussie te ontbloot. Vandag staar Bradley Manning en Edward Snowden vervolging deur die VSA regering in die gesig, ‘n regering wat kies om mense te agtervolg wat ongeregtigheid ontbloot eerder as ware oortreders.

Hoekom is die loodse van ‘n VSA helikopter wat onskuldige burgerlikes geskiet het nie aangekla van oorlogsmisdade nie, en ook nie die wat die Grondwet se reels oorskry nie? Snowden verdien beskerming op alle vlakke en Manning behoort ‘n meer waardige kandidaat vir die Nobel Vredesprys te wees as sy versriklike voorganger.

Tony Williams, skrywer, film geskiedkundige, professor by Southern Illinois University

Die agtervolging van Edward Snowden is ‘n stuk met ‘n algehele strategie deur die drie takke van regering om die Grondwetlike regte van Amerikaanse burgers te ontneem.

Snowden se onthullinge is veral belangrik want hulle demonstreer hoe direk die regering gewillig is om die aktiwiteite van burgers te monitor. Dit beteken dat die regering die leuens van die sogenaamde “oorlog op terreur” gebruik om hul dade te regverdig. As die mondstuk van internasionale korporasies gaan die Amerikaanse regering voort om werkers se regte weg te neem. Edward Snowden se waagmoed is ‘n wakkerskrik vir enige iemand wat steeds die hudige administrasie met enige welwillendheid bejeen.

Die aksies van mense wat kennis ontbloot soos Edward Snowden is krities sodat mense die eintlike stappe wat state neem om mense te onderdruk. Op die 150ste herdenking van die Slag van Gettysburg, is hierdie aksies ‘n duidelike voorbeeld hoe die Amerikaanse regering van sy populêre mandaat wegbeweeg het. Amerikaanse werkers voel asof hulle verraai is.

Die rol van die kunstenaar is om ‘n lig te skyn op hoe die regering se monitering van burgers maar net een manier is hoe die kwaliteit van lewe uitgekalwe word in die Verenigde State. Soos werkers meer militant raak sal die regering hom meer en meer beroep op onderdrukkende maatreëls. Elke keer wat die regering daarop kan aanspraak maak dat hulle optrede legitiem is huisves hulle meer totalitêre praktyke.

Die rol van die kunstenaar is om ‘n lig te skyn op hoe die regering se toesig werk om die kwaliteit van lewe in die Verenigde State. Soos werkers meer militant word, kan die regering meer en meer staatmaak op onderdrukkende maatreëls. Kunstnaars en skrywers moet hul stemme gebruik om die klok van vryheid te lui. Edward Snowden moet daartoe in staat wees om sonder probleme voort te gaan.

Kenny Crucial, musiek kritikus

Wat was dit wat Snowden gesê het? Om ‘n verraaier genoem te word deur Dick Cheney is die hoogste eer wat ‘n Amerikaner kan tebeurt val?

Ek dink ons behoort dit op die vlag te sit.

Nick Baam, skrywer

In my jeug, was my definisie van patriotisme Carl Schurz se: “My land, reg of verkeerd; indien reg, om reg gehou te word; indien verkeerd, om reg gemaak te word.” Dit was ‘n tyd toe “Amerika: Wees lief vir dit of los dit” ‘n gewilde stelling was onder mense wie nie verstaan het dat indien jy lief is vir iets, bly jy en stel dit reg. Daniel Ellsberg het dit verstaan. Toe hy die Pentagon Papiere gedeel het, het hy een van my eerste helde geword. Die lys van helde is nou so ver as Bradley Manning tot Edward Snowden.

Die gesegde, “Die prys van vryheid is ewigdurende waaksaamheid” is lankal popular onder Amerikaners. Edward Snowden is die jongste stap en hy sluit by die ewige waaksame mense aan. Elke liefhebbber van vryheid is dankbaar vir hom, en moet vra wat word liefgehê deur die wat hom agtervolg.

Will Shetterly, skrywer

Edward Snowden het ‘n openbare diens verrig deur te help om ons in kennis te stel van die volle omvang van die VSA regering se toesig van sy eie burgers en buitelanders. Sy vervolging is nog ‘n voorbeeld van die VSA regering se kommerwekkende tendens om mense wat kennis ontbloot te vervolg en die lek van inligting aan die media. Snowden, soos Bradley Manning, word deur die Obama administrasie gedemoniseer en ander politici en sogenaamde joernaliste deur te doen wat Daniel Elsberg gedoen het deur inligting aan die media te lek. Hierdie dade het Ellsberg ‘n held gemaak vir diegene wat glo in geskiedkundige deursigtigheid; ons het baie geleer van ons regering se wandade in Suidoos-Asië van wat hy ontbloot het. Ons het soortgelyke voordele gehad van Manning se ontblotinge oor ons meer onlangse oorlogsmisdade, en hy kan dalk lewenslank tronk toe gaan vir sy openabre diens. Julian Assange is ‘n politieke gevangene vir sy rol om met Manning saam te werk om sy nuus te rapporteer.

Selfs sommige media het ‘n beroep gedoen op die kriminele vervolging van joernalis Glenn Greenwald omdat hy inligting van Snowden bekom het. Snowden hardloop – dit is die eerbare tradisie van ondersoekende joernalistiek, wat sommige van ons steed wil praktiseer in hierdie land. Die Snowden episode ontvou steeds en demonstreer dat die Obama administrasie nie veel verskil van Busn s’n nie omdat hulle geen agting het vir burgerlike vryhede nie en hul gewilligheid om die lewens van miljoene Amerikaners en buitelanders te spioenieer. Dit is buitenspirig, veral vir enige iemand wat steeds glo in die reg tot privaatheid en die Grodnwet.

Hierdie woorde word toevertrou aan Benjamin Franklin en moet aan die voorpunt van ons bewustheid wees: “Daardie mense sal hul essensiële Vryheid opgee, om tydelike veiligheid te bekom, verdien nie Vryheid of Veiligheid nie.”

Joseph McBride, joernalis en skrywer

Om die waarheid te ontbloot is fundamenteel tot die begrip en bespreking van enige kwessie. Geskiedenis, en geskiedenis soos dit gemaak word, kan slegs met volle kennis interpreter word. Edward Snowden het op heldhaftige wyse sy deel van die waarheid, soos hy dit ontdek het, ontbloot. Hy kan nie op sy Grondwetlike reg tot ‘n regverdige verhoor or selfs regverdige behandeling, met die voorbeeld voor hom die vertraging en vervolging van Bradley Manning. Vir ons regering om tot daardie lengtes te gaan om Manning te martel demonstreer hy totale laatvaring van die Grondwetlike beskerming van VSA burgers.

Virginia G. Smith, skrywer, professor van grafiese ontwerp

Loading