Afrikaans
Perspective

Die intelligensie-industriële kompleks

‘n Belangrike aspek van die spioenasie operasies was blootgestel is oor die laaste maand deur die National Security Agency (NSA) klokluier Edward Snowden is die sameswering van die reuse telekommunikasie en tegnologie maatskappye met die Obama administrasie en VSA intelligensie agentskappe in die sistematiese oortreding van demokratiese regte.

‘n Reuse element in hierdie korporatiewe-intelligensie nexus is verlede week ontbloot in artikels waar die sagteware reus Microsoft se intieme verhoudinge met die NSA en die FBI ontbloot is.

Volgens Snowden, het Microsoft met die NSA saamgewerk om prosedures te ontwikkel om rondom die maatskappy se eie enkripsie meganismes te kom, wat dit onbelemmerde toegang tot sy Outlook.com diens gee, wat Hotmail, Messenger en ander goed gebruikte programme insluit. Die maatskappy het ook met die FBI en NSA saamgewerk om toegang tot SkyDrive, ‘n lêer gasheer sisteem wat deur sowat 250 miljoen mense gebruik word, te verkry.

In 2011 het Microsoft Skype bekom, wat ‘n praat, stem en video kommunikasie sisteem is wat tans 800 miljoen gebruikers het. Terwyl Skype reeds begin het om met VSA spioenasie agentskappe saam te werk, het die NSA gespog dat nege maande nadat Microsoft die maatskappy oorgeneem het, het die aantal video oproepe wat deur die agentskap gemonitor word verdriedubbel.

Die VSA regering se verhoudinge met Microsoft is kritiek tot hul pogings om databassisse te versamel wat reuse voorrade van inligting bevat. Microsoft is die wêreld se grootste sagteware maker, en word bestuur deur die wêreld se tweede rykste individu, Bill Gates. Die maatskappy se Windows bestuursistseem word gebruik deur bykans 90 persent van alle rekenaars wat aan die web verbind word. Gegewe die jongste onthullings,moet dit aangeneem word dat die meeste aksies wat op Microsoft rekenaars uitgevoer word vatbaar is vir monitering deur die regering.

Microsoft is geensins die enigste maatskappy wat in die geheim werk nie, agter die rue van hul kliënte, om massiewe hoeveelhede inligting aan die staat te verskaf.

Die eerste onthulling deur Snowden het gegaan oor ‘n bevel van die Foreign Intelligence Surveillance Court wat geeïs het dat telekommunikasie reus Verizon die telefoon rekords van miljoene kliënte oorhandig. Dit is deel van ‘n program wat in 2006 begin is en wat onder Obama voortgesit is om alle “metadata” te versamel van alle groot telefoon maatskappye,insluitend AT&T en Sprint. Met gedetaileerde inligting oor wie wie gebel het, wanneer en van waar, is die staat in staat om die sosiale en politieke verhoudinge van bykans elke burger van die Verenigde State te bepaal.

Die spioenasie op Skype gebruikers is deel van die breër Prism program, wat in 2007 begin is, en waardeur die NSA direkte toegang verkry het tot die netwerke van VSA Internet maatskappye, insluitend Microsoft, Yahoo, Google, Facebook, AOL, YouTube en Apple.

PRISM is self net deel van ‘n meer uitgebreide program, waarin die NSA die “Internet ruggraat” afluister – dit is die sisteem van optiese vessel kabels waardeur die meeste telekommunikasie en Internet kommunikasies gaan. Hierdie kabels word bestuur en beheer deur groot korporasies, insluitend dieselfde telekommunikasie reuse wat data oor telefoon rekords oorhandig, sowel as maatskappye soos 3 Communications en CenturyLink. Op hierdie manier kan die NSA in werklike tyd die wêreld se Internet verkeer monitor en dit nuwe rigting gee vir permanente berging.

Bloomberg Nuus het verlede maand verslag gedoen dat “duisende tegnologie, finans- en vervaardigingsmaatskappye ten nouste saamwerk met die VSA se nasionale veiligheidsagentskappe, en daardeur sensitiewe inligting te verskaf en self daarna toegang tot geklassifiseerde inligting kry.” In ruil vir hul geheime samewerking met die regering, ontvang die maatskappye gereeld dokumente wat immuniteit vir hul dade waarborg.

Die programme wat deur Bloomberg aangehaal word is divers en verreikend. Hulle sluit in ‘n ooreenkoms met Microsoft omdie NSA in te lig van afluister apparate in hul bestuursisteem voordat dit openbaar gemaak word - wat aan die agentskap die geleentheid bied om die inligting te gebruik om rekenaars in die VSA en oorsee te infiltreer. McAfee, wat Internet veiligheid sagteware maak en wat ‘n onderafdeling van Intel is, is ook gereeld in ‘n vennootskap met die intelligensie agentskappe.

Hierdie korporatiewe-intelligensie samewerking is globaal.Oor die naweek het die Australiese koerante berig gedoen van ‘n vennootskap tussen die VSA se spioenasie agentskappe en Telstra, die grootste telekommunikasie maatskappy in Australië, om data aan die VSA regering te oorhandig. Telstra beheer die meerderheid van die Internet ruggraat in Australië en stuur baie van die telekommunikasies van Asië.

Vroeër vandeesmaand het Glenn Greenwald, die joernalis wie met Snowden gewerk het, verslag gedoen in die Brasiliaanse koerant O Globo van ‘n program, genaamd FAIRVIEW, wat biljoene kommunikasies van gewone Brasiliane versamel het. Telekommunikasie maatskappye was weer direk betrokke.Volgens Greenwald “tree die NSA in vennootskap met groot VSA telekommunikasie maatskappye … en daardie VSA maatskappy tree dan in vennootskap met telecoms in buitelandse lande.” Die buitelandse telekoms verskaf dan data aan die VSA maatskappy, wat dit aan die NSA aflewer.

In sommige gevalle maak die intieme verband tussen intelligensie agentskappe en telekommunikasie maatskappye individue betrokke wat van een na die ander oorgeplaas word.Byvoorbeeld, die huidge hoof van sekuriteit vir Verizon, Michael Mason, is die voormalige hoof van die FBI se Kriminele, Kuber, Reaksie en Dienste Tak. Dieselfde posisie by AT&T word gehou deur Edward Amaroso, ‘n lid van President Reagan se “Strategiese Verdedigings Inisiatief” in die 1980s – die projek om ‘n massiewe verdedigingskild oor Amerika te bou.

In 1961 in sy vaarwel toespraak het President Dwight Eisenhower gewaarsku van ‘n “militêre industriële kompleks,” wat hy beskryf het as die samevoeging van ‘n reuse militêre establishment en ‘n reuse wapen industrie.” Hierdie groeiende nexus hou die gevaar in van “die katastrofale styging van misplaasde mag,” wat, het hy verklaar, “ons demokratiese prosesse en vryhede in gevaar stel.”

Vyftig jaar later is die integrasie van die militêre-intelligensie apparaat ver meer gevorderd as enige iets wat Eisenhower kon voorstel. Die weermag het nie alleen die nouste bande met privaat kontrakteurs vir die vervaardiging van wapens nie, maar die staat, wat optree ten behoewe van die werkersklas as geheel, het ‘n network van verhoudinge met resue korporaises opgebou om op die bevolking te spioeneer.

Soos die World Socialist Website herhaaldelik op aangedring het, is demokratiese regte nie versoenbaar met die voortgesette heerskappy van die korporatiewe-finansiële elite en die kapitalistiese sisteem waarop dit rus nie. Die Amerikaanse heersersklas voer ‘n globale kampanje van oorlog en sosiale teen-rewolusie uit. Die samevoeging van ‘n polisie staat apparaat is gerig bo alles teen die werkersklas en salgebruik word teen sosiale en politieke teenkanting teen die beleid.

Die blootstelling van die intelligensie-industriële kompleks maak duidelik dat die verdediging van demokratiese regte is onlosmaaklik verbind is aan die demokratisering van ekonomiese lewe en sosialisme. Kritiese sosiale infrastruktuur, insluitend telekommunikasies,moet uit die hande van private maatskappye geneemword, en in die demokratiese beheer van die werkersklas geplaas word. Korporasies soos Microsoft, Apple, Verizon en AT&T en hul bondgenote internasionaal, moet getransformeer word in eenhede wat in openbare besit is, en wat bestuur word op die basis van sosiale noodsaak, en nie vir private wins nie.

Loading