Afrikaans
Perspective

Wall Street winste en die wyer wordende sosiale skeiding in Amerika

Die winste van die grootste VSA banke het aangehou groei in die tweede kwartaal van hierdie jaar, selfs onderwyl die impak van vyf jaar van massa werkloosheid, stagnante ekonomiese groei en brutale besnoeiinge in sosiale uitgawes verdere armoede, dakloosheid en honger tot gevolg gehad het.

Dinsdag het Goldman Sachs, die vyfde grootste VSA bank in terme van bates, gesê hul tweede kwartaal winste het verdubbel van ‘n jaar gelede tot $1.93 biljoen wat beduidend hoer is as wat analiste verwag het. Dit is gevolg deur die aankondiging van rekord winste deur JPMorgan Chase en Wells Fargo, die grootste en vierde grootste VSA banke onderskeidelik.

JPMorgan het $6.1 biljoen gemaak in die tweede kwartaal, 32 persent meer as ‘n jaar gelede, terwyl Wells Fargo $5.27 biljoen gemaak het, 20 persent meer as verlede jaar. JPMorgan Chase sal na verwagting vanjaar $25 biljoen in winste maak vanjaar, wat gelykstaande is aan die bruto nasionale produk van Afghanistan, ‘n land met ‘n bevolking van 30 miljoen.

Citigroup en die Bank van Amerika, wat tesame gehelp is deur die Amerikaanse regering met $90 biljoen, het ook groot winste aangekondig, met Citigroup wat winste van $4.18 biljoen aangekondig het, 42 persent meer as verlede jaar.

Betaling van HUBs het ook erg gestyg, volgens data wat deur die Financial Times aangekondig is. John Stumpf van Wells Fargo het $19.3 in 2012 ontvang, 7.8 persent meer as ‘n jaar tevore. Hy is gevolg deur Jamie Dimon van JPMorgan Chase, wat $18.7 miljoen gemaak het, en Lloyd Blankfein, wat $13.3 miljoen ontvang het.

Die wye verryking van die finansiële uitvoerende beamptes is nie beperk tot die VSA nie. Die European Banking Authority het Maandag gesê dat meer as 3 000 wrknemers in die finansiële sektor meer as $1.3 miljoen in 2011 gemaak het.

Die omvangryke betalings is nie net beprek tot finansiële firmas nie. Volgens ‘n analise wat deur Equilar Inc. vir Wall Street gedoen is, het die HUBs van 200 VSA maatskappye met omset van meer as $1 biljoen se betaling gemiddeld met 16 persent gestyg het in 2012, met die gemiddelde van $15.1 biljoen.

Die aankondiging van reuse winste op Wall Street het net dae gekom nadat die voorsitter van die Federale Reserwe, Ben Bernanke,’n toespraak gelewer het waarin hy die finansiële elite verseker het dat die bykans zero persent rentekoerse wat rekord aandelepryse aangevuur het asook die wins bonanza van die banke onverpoost voort sal gaan.

Die reuse subsidie vir die groot banke gaan hand-aan-hand met omvattende aanvalle op werkersklas lone en lewensstandaarde. Die instelling van $85 biljoen in federale besnoeiinge aan uitgawes hierdie fiskale jaar, as deel van die tien jaar lange “sekwester” van $1.2 triljoen, het gesorg vir onbetaalde verlof vir honderd duisende regeringsamptenare, wat tot loon besnoeiinge van 20 persent gelei het. Die sekwester besnoeiinge het ook omvattende besnoeiinge in beshuisingshulp en opvoeding gehad, sowel as besnoeiinge van 15 – 20 persent in uitgebreide werkloosheidvoordele vir 2 miljoen mense.

Die sekwester besnoeiinge begin nou eers. Op 1 Julie het die rentekoerse op regeringsgesubsidieerde kollege lenings, wat op selektiewe wyse aan lae- en medium inkomste studente verdubbel het van 3.4 persent tot 6.8 persent. Dit affekteer bykans 7.5 miljoen studente.

Verlede week het die Huis van Verteenwoordigers ‘n plaaswet deurgevoer wat $743 biljoen in voedselseëls uitsluit – ‘n politieke maneuver wat ‘n tweeparty ooreenkoms met die Obama Withouis en die kongressionele Demokrate insluit wat skerp besnoeiinge in die voedingsprogram waarop 48 miljoen mense – een in ses Amerikaners – staatmaak.

Vroeër vandeesmaand het die Obama administrasie gesê hulle vertraag met een jaar die inwerkstelling van ‘n wetlike vereiste as deel van hul opknapping vir besighede met meer as 50 voltydse werknemers om gesondheidsversekering. Terselfdertyd werk die administrasie en Kongres saam om honderde biljoene dollars van Sosiale Sekuriteit, Medicare en Medicaid te besnoei in die volgende ronde begrotingsamesprekinge.

In Detroit het die Noodbestuurder Kevyn Orr verlede maand planne aangekondig om die pensioene en gesondheidsvoordele van alle huidige en afgetrede werkers te besnoei, wat die uitskakeling van $9 biljoen in voordele meteens tot gevolg sal hê.

Die jukstaposisie van die drakoniese soberheid vir werkende mense en onbeprekte kontant vir die finansiële elite maka dit duidelik dat die groei van sosialeongelykheid, armoede en sosiale ontneming nie eenvouding net die resultaat is van onpartydige ekonomiese magte. Dit is die resultaat van ‘n bewuste klassbeleid wat deur die Obama administrasie met die steun van beide partye uitgevoer is.

Hoër winste vir Wall Street en die kollosalebetalingspakette vir bankiers beteken dit is ‘n leuen dat daar “geen geld” is vir basiese sosiale behoeftes.

Die obsene verryking van die finansiële elite te midde van massa armoede word behandel as geen kwessie deur die media en politici, Demokrate sowel as Republikeine. Die algehele politieke establishment word betaal deur Wall Street bankiers.

Slegs die werkersklas self, op hul eie inisiatief en op die basis van ‘n sosialistiese program,kan die houvas van die finansiële oligargie verbreek en armoede, werkloosheid en sosiale verval wat die Amerikaanse samelewing tesiter, beeïndig.

Loading