Afrikaans
Perspective

Die sosiale verwoesting van Detroit

‘n Breedvoerige misdaad is besig om in Detroit uitgevoer te word. Noodbestuurder Kevyn Orr, wat deur Michigan se Goewerneur Rick Snyder aangestel is om ‘n diktatorskap oor die stad se finansies uit te voer, implimenteer ‘n historiese aanval op die werkersklas wat verwoestende gevolge sal hê vir honderde duisende mense.

Die verwoesting van Detroit werekrs se pensioene en gesondheidsvoordele, tesame met die besnoeiing aan brandbeskerming, straatligte, sanitasie en ander elementêre dienste, dui op ‘n nuwe fase in die herstrukturering van Amerikaanse klasseverhoudinge wat begin het met die finansiële induiestorting in 2008 nen die mulit-triljoen dollar hulp aan banke. Die verwoesting van werkersklas Detroit stel’n nuwe presedent vir die hele land.

Bankiere, huislening houers en politici debatteer onder hulself of hierdie operaise die beste hanteer kan word deur die bankrotskap howe, en of daar meer op die unies staatgemaak moet word, wat meer gewillig is om hierdie aanvalle op Detroit se werkers in te stel.’n Beslissing word vandeesweek verwag. Indien Detroit bankrot verklaar word, sal dit die grootste stad in Amerika wees om dit te doen in die land se geskiedenis.

Ongeag die taktiek wat gebruik word, is die strategie dieselfde. Onder Orr se plan sal pensioene se trust fondse so min as 10 sent vir elke dollar wat deur die stad se afgetredes geskuld word, ontvang. Lewenskoste aanpassing sal uitgeskakelword, toekomstige pensioenbetalings sal gevries word, en afgetredenes sal na Medicare of privaat beheerde gesondheidsorg uitruilskemas onder Obama se gesondheidsorg “hervormings” geplaas word.

As ‘n resultaat sal 30 000 aktiewe en afgetrede werkers se inkomste en gesodnheidsdekking dramaties verminder word. Hierdie maatreëls is veel erger as die vrutale soberheidsbesnoeiinge wat in Griekeland en ander Europese lande met swaar skuld.

Dit het geen gevolg vir die finansiële elite dat Michigan se groindwet stel dat openaber pensioene ‘n “kontraktuele verpligting” is wat nie “verminder of verhinder sal word nie.” Orr voer aan dat bankrotskap wette meer belangrik is as grondwetlike beskerming.

Die enigste “kontraktuele verpligtinge” wat nagekom sal word is die biljoene dollars in hoofsaaklike en rente wat deur die grootste Wall Street banke en huislening houers nagekom sal word. Orr het reeds ‘n skikking met UBS, Bank van Amerika en Merrill Lynch Capital Services op $340 miljoen is kredietuitruilings en gaan hierdie instellings sowat 75 sent per dollar betaal.

Volgens sommige beraminge het die staat en plaaslike regerings landwyd tussen $1 triljoen en $3 triljoen in ongesubsideerde pensioen skuld. Indien Wall Street suksesvol is daarin om die werkers van Detroit te beroof sal die damsluise oopgaan vir die verwoesting van pensioen en gesondheidsorg voordele vir tien miljoene onderwysers, brandweermanne, hospitaalwerkers en ander staat en munisipale werknemers rondom die land.

Die finansiële plan wat Orr vir Detroit het herdefinieer die struktuur van ‘n moderne stad. Groot dele van Detroit se infrastruktuur – lank verwaarloos en toegelaat om te verval – gesluit sal word.

Orr.’n Wall Street bankrotskap prokureur, het ‘n plan wat deur die korporatiewe sektor gesteun word om dienste te staak aan dele van die stad wat te arm of onderbevolk is vir winsgewende belegging te staak. Ondertussen word honderde miljoene dollar is openbare bronne beskikbaar gestel om die ontwikkeling van duur huise en ‘n vermaaklikheidsdistrikte te verseker wat slegs 7.2 van die stad se 139 vierkante myl beslaan.

Vervoer, rommelbestuur, straatligte en ander belangrike dienste sal geprivatiseer word, en openbare skatte, van die meesterstukke by die Detroit Institute of Art en die Detroit Dieretuin,sal dalk verkoop word aan privaat spekuleerders en beleggers.

Die ontmanteling van Detroit is die resultaat van die uitgerrekte verval van Amerikaanse kapitalisme. Die styging van die sogenaamde Motor City in die eerste helfte van die 20ste eeu het saamgeval met die groei van Amerikaanse industrie en sy globale styging. Die verval volg op dekades van die teenoorgestelde van industrialisasie, die voorkoms van die mees parasitiese vorms van finansiëlew spekulasie en die ontploffende groei van sosiale ongelykheid.

Die eerste helfte van die laaste eeu het ook gesien hoe klasse stryde na vore tree, die vorming van industriëleunies, en die berreiking deur die Amerikaanse werkers van beduidende sosiale verkryging.

Van die laat 1970s het die heerserskals egter ‘n onverpooste klasse-oorlog gevoer, wat in die besonder erg was in Detroit. Soos een kongessionele verslag tydens die Chrysler hulpleniging van die 1980s dit gestel het, die stad was bekend daarvoor dat dit “een van die mees ondoeltreffende en lastige werkerskorpse beskikbaar” het.

Hierdie oorlog op die werkersklas van Detroit was uitgevoer met die sameswering van die United Auto Workers.Die UAW en ander unies het gereageer tot die globale integrasie van kapitalistiese produksie deur met werkgewers saam te werkj.

Loading